

Die twee voorste Blou Bulle skolespanne in Groep 3 van die Virseker Noordvaal Cup, Rietondale en Curro Hazeldean, sal Vrydag poog om nog ‘n tree nader aan die eindstryd van die reeks te gee.
Die Bulle se naaswenner, Curro Hazeldean, kom om 15:00 teen Bergvlam van Mbombela in die kwarteindronde te staan.
Die span wat deur die loskopstut, William Stander, aangevoer word, het verlede week vir Delmas met 34-27 uitgeknikker.
Bergvlam se Buffels is die Puma-kampioene. Die span van Mbombela het vir Volksrust met 21-15 in die Puma-eindstryd verslaan. Volksrust is ook steeds in die resies en kom Saterdag op sy tuisveld teen Wolmaransstad te staan.
Bergvlam is natuurlik die alma mater van die voormalige Springbok-afrigter, Heyneke Meyer. Hy klap deesdae die sweep weer by Suidwestelike Distrikte waar hy sy loopbaan as proffesionele afrigter begin het.
Bergvlam het verlede week ‘n loslooitjie geniet nadat John Vorster van Nigel hom aan die reeks onttrek het.
Curro Hazeldean het in die Bulle-eindstryd naelskraaps met 13-14 teen Rietondale die knie gebuig. Die twee kan mekaar dalk weer in die eindstryd van die streekkompetisie ontmoet.
Rietondale, wat tot en met 2019 as Hendrik Verwoerd bekend gestaan het, spog met ‘n merkwaardige geskiedenis op die rugbyveld.
Dié skool het al vyf Springbokke in Naas Botha, Uli Schmidt, Darius Botha, Willem Stapelberg en Stompie van der Merwe opgelewer.
Rietondale se Panthers kom Vrydag om 18:00 teen Oosterland van Secunda in die Jakarandastad te staan.
Die Panthers het hul plek in die kwarteindronde met ‘n klinkende sege van 55-14 oor Vereeniging Gimnasium verlede week bespreek. Oosterland moes ietwat harder werk om vir Piet Potgieter van Mokopane.
Oosterland het tot die streekkompetisie as die Pumas se derde gekeurde span deurgedring. Die span van Secunda het in die Puma-liga teen Volksrust in die halfeindronde die knie gebuig.
Nie een van die vier skole kon al op eerstespanvlak ‘n Noordvaal-trofee omhoog hou nie.
Die spanne is:
Curro Hazeldean t. Bergvlam om 15:00 in Pretoria:
Curro Hazeldean: 15 Lesedi Muller, 14 Oarabile Moleme, 13 Kholofelo Mahlake, 12 Christiano de Gouveia, 11 Will Simpson, 10 Awande Ziqubu, 9 Khanya Mozagba, 8 Mvelo Sibisi, 7 Khanya Zungu, 6 Abongwe Sibisi, 5 Qhawe Mqwebedu, 4 Jonathan Kabangu, 3 Oratile Mabitsela, 2 Ntokozo Sithebe, 1 William Stander (kaptein).
Bergvlam: 15 Rifumo Ndlovu, 14 Dembe Munyai, 13 Janco Van der Westhuizen, 12 Caleb Gosling, 11 Excellent Vuma, 10 Siyabonga Appies, 9 Adrian Frantz, 8 Jan Van Wyngaard, 7 Theo Klopper, 6 Sethu Banda, 5 Lufuno Bulwana, 4 Daniel Brown, 3 Corrie Havenga, 2 Duncan Venter, 1 Njabulo Mdluli.
Skeidsregter: Marius Joubert.
Rietondale t. Oosterland om 18:00 in Pretoria:
Rietondale: 15 Relando Klein, 14 Olwethu Makhanya, 13 Ezra Mosikare, 12 Fefe Mdhluli, 11 Owethu Nhlapo, 10 Caleb Afrika, 9 Kagisano Ntshegi, 8 Zipho Mtyhobile, 7 Vhutu Nharaunda, 6 Sihle Khoza, 5 VP Nworah, 4 Heritier Olenga, 3 Darren Frost, 2 Mpilo Qobo, 1 Daniel Prefa.
Oosterland: 15 David Matjalana, 14 Estian Knoetze, 13 Eduan van der Merwe, 12 Valentino Casper, 11 Wayden Links, 10 Heino du Toit, 9 Mark de Goede, 8 Marcus Carstens, 7 Brandon Sibanda, 6 JP Gouws, 5 Dewald Barnard, 4 Christo Carstens, 3 CJ Meyer, 2 Eben Geldenhuys, 1 Hanro Pretorius.
Skeidsregter: Andries Buys.
