SuperSport Schools News

Monnas sonder puntemasjien, terwyl Klofies weer Griesel-spoed in hul tornado het

Morné Noble, giftige skrumskakel van Monument se Wit Bulle, kan Saterdag teen Waterkloof weer ‘n staatmaker vir sy span wees. FOTO: Marius Nortjé

In Krugersdorp sal Noordheuwel en Waterkloof Saterdag poog om elk net ‘n punt te verdien om seker te maak dat hulle volgende week in die halfeindronde van die Beker-afdeling van die Virseker Noordvaal Cup sal aantree.

Die Klofies beklee tans die derde posisie op die puntelys met 23 punte en indien hy die posisie behou sal hy volgende week en ‘n bietjie weer na Krugersdorp toe moet reis om sy teenstander van vandag, Monument, die stryd aan te sê.

Die halfeindstryde sal egter albei vanjaar na Dinsdag, 18 Augustus uitgeskuif word. Die twee voorste spanne in die reeks, Garsfontein en Monument, het albei spelers wat vir die twee Suid-Afrikaanse o.18-spanne in die internasionale reeks in aksie is.

Die Noordvaal se regulasies laat toe dat halfeindstryde geskuif word, indien daar spelers nie beskikbaar is weens die internasionale reeks.

Waterkloof se hoofafrigter, Cobus van Dyk, is ook as afrigter by die internasionale reeks betrokke. Monnas se losskakel, Jaydon Viljoen, asook vleuel Ruan Genis laat ‘n groot leemte, maar die Wit Bulle behoort steeds Saterdag as die gunsteling op die veld te draf.

Viljoen is met 94 punte die voorste puntemaker in die kompetisie. Sy skakelmaat, Morné Noble, is met 13 drieë die voorste driedrukker.

Cameron Kourie wat Viljoen se skoene moet volstaan, het vanjaar al ‘n hele paar keer geleentheid gekry om sy staal vir die Wit Bulle te toon en hy sal nie die span in die steek laat nie. Die Klofies sal bly wees dat sy heelagter, Alexander Griesel, ten volle van sy besering herstel het.

Griesel is verlede week 20 minute se speelkans teen Helpmekaar Kollege gegun en het twee keer ‘n draai agter die doellyn gemaak.

Noordheuwel behoort sy kragmeting teen Hoërskool Middelburg te wen, maar die Blues sal moet werk vir dié sege.

Die tuisspan se kaptein en flank, Kean Lourens, sal uitsien na sy tweestryd met Menzi Siyaya. Lourens het die Goue Leeus ook vroeër vanjaar by die Cravenweek aangevoer, terwyl Siyaya een van die Pumas se staatmakers in Gqeberha was.

Voorlangs kan die skrumstryd tussen Middies se vaskopstut, Dewal du Toit, en Nories se loskopstut, Ruben Botes, ook vir heelwat opwinding sorg. Du Toit is waarskynlik die beste skrumwerker op skolevlak in Suid-Afrika. Botes is self ‘n sterke derduiwel.

Die spanne is: 

Monument t. Waterkloof om 12:30 op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp: 

Monument: 15 Ray-Nathin van Kolver, 14 Loghan Langeveldt, 13 Blessing Monareng, 12 Junadré Ehlers, 11 Corné Mostert, 10 Cameron Kourie, 9 Morné Noble, 8 Ryno van der Westhuizen (kaptein), 7 Roché Botha, 6 Siya Ncube, 5 Hanco van Geelen, 4 Matthew van Deventer, 3 Ben van Wyk, 2 Jayden Nel, 1 Dexter Chiyangwa

Waterkloof: 15 Alexander Griesel, 14 Mieder Erasmus, 13 Meyer Pretorius (kaptein), 12 Ben Steyn, 11 Jacques Jansen van Rensburg, 10 Liam Schutte, 9 Marcel Tsiakos, 8 Almero Gerritsen, 7 Stefan Pieters, 6 Hugo Dercksen, 5 Marius Venter, 4 Phillip Mans, 3 Reinhard Duvenhage, 2 Stiaan Theron, 1 Wian Hetzel.

Skeidsregter: Austin Richardson.

Noordheuwel t. Hoërskool Middelburg om 13:50 in Krugersdorp: 

Noordheuwel: 15 Wilcu Roos, 14 Edwill October, 13 Junior Flemmer, 12 Tristan Helmand, 11 Prince Agu, 10 Tidi Moeketsane, 9 SW de Waal, 8 Armand van Eck, 7 Kean Lourens (kaptein), 6 JB Blount, 5 Robert Hurn, 4 Jared Coetzer, 3 Rick van der Berg, 2 Wikus Roos, 1 Ruben Botes.

Hoërskool Middelburg: 15 Kgontse Masilela, 14 Kamo Masilo, 13 Jano Wilson, 12 Blake Faber, 11 Bulelani Mcira, 10 Buhle Mphahlaza, 9 Rodrigo Diniz, 8 Sifiso Hlungwane, 7 Menzi Siyaya, 6 Khensani Buthelezi, 5 Johan Raulstone, 4 Lihan de Vaal, 3 Dewald du Toit, 2 Ryan Blake, 1 Melchior van Niekerk.

Skeidsregter: Penwell Magagula.

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top