
Sannieshof sal Saterdag teen Rust-ter-Vaal op sy tuisveld probeer om vir ‘n derde agtereenvolgende jaar tot die eindstryd van die Virseker Noordvaal Cup se Groep 5B deur te dring.
Die span vanuit Noordwes het verlede jaar in die eindstryd teen Jabulani Secondary met 27-37 die knie gebuig. Dit was die eerste keer in die geskiedenis van dié afdeling wat ‘n span van buite Noordwes die titel kon opraap. Sannieshof was in 2023 die kampioen na hy vir Christiana met 24-21 in die eindstryd verslaan het.
Koster was in 2021 en 2022 as die kampioen gekroon en het ook toe onderskeidelik koning teen spanne vanuit die Noordwes – Ferdinand Postma (20-9) en Schweizer-Reneke (55-10) die pyp gerook.
Sannieshof wat deur Henry Pretorius gebrei word, het verlede week nie veel probleme ondervind om vir Morgenzon Landbou met 38-19 kaf te draf nie. Die wenspan was teen die omdraaislag met die telling op 28-7 reeds stewig in die saal.
Rust-ter-Vaal het sy plek in die halfeindronde met ‘n oorwinning van 31-25 oor Hoërskool Langenhoven van Pretoria bespreek. Die span se skrumskakel, Ashton Eiman, was uitstaande in dié sege.
Schweizer-Reneke sal in die ander halfeindstryd gasheer vir Pretoria THS speel. In die kragmeting behoort dit ‘n skaakstryd tussen Schweizer-Reneke se agttal en die haastige agterhoede van Pretoria THS te wees.
Die besoekers vanuit die Jakarandastad het sy plek in die halfeindronde met ‘n klinkende sege van 35-16 oor Curro Krugersdorp bespreek. Die span se heelagter, Jayron Burts, het 25 punte in dié oorwinning met twee drieë, drie doelskoppe en drie strafdoele aangeteken.
Pretoria THS was nog net een keer vantevore in ‘n eindstryd van die Noordvaal-reeks in aksie. Dit was in 2015 toe die span teen President van Johannesburg met 10-17 in die Middelskole-eindstryd vasgeval het.
Schweizer-Reneke was al sewe keer in ‘n Noordvaal-eindstryd in aksie, maar kon nog net een keer in 2016 koning kraai toe hy vir Zeerust met 20-19 in die Middelskole-eindstryd uitoorlê het.
Die spanne is:
Sannieshof t. Rust-ter-Vaal om 11:00 in Sannieshof:
Sannieshof: 15 Matsi Raphoto, 14 Siphosihle Ngqobe, 13 Keletso Mabaso, 12 Franz Ramudzuli, 11 Kobamelo Diratsegae, 10 Thoriso Tshakane, 9 Zacki Mokoto, 8 Wilco Van Niekerk, 7 Amogelang Letsatsi, 6 Divan Venter, 5 Joseph Hailemariam, 4 Derik Badenhorst, 3 Lethabo Silimela, 2 Stefan Smit, 1 Ditibogo Pholonyane.
Rust-ter-Vaal: 15 Damillo De Souza, 14 Aiden Fourie, 13 Merlin Cajee, 12 Jamie de Koker, 11 Wayren Pearson, 10 Duran Kok, 9 Ashton Eiman, 8 Dario Swanepoel, 7 Jonathan Hatting, 6 Sthepo Kgolane, 5 Siphesihle Nhlapo, 4 Alverestio Fourir, 3 Karabo Lethlabi, 2 Abia Ndumo, 1 Tshidiso Ntoagae.
Skeidsregter: Marius Muller (Goue Leeus).
Schweizer-Reneke t. Pretoria THS om 12:00 in Schweizer-Reneke:
Schweizer-Reneke: 15 Henco Booyse, 14 Mojalefa Maine, 13 Letlhogonolo Seleke, 12 Khanya Maloi, 11 Sizwe Ganabo, 10 Ewan Pretorius, 9 Kabelo Molatlegi, 8 GJ Barkhuizen, 7 Freek Heydenreich, 6 John Anastassiou, 5 Sello Tlhabanelo, 4 Diwan Sutherland (kaptein), 3 Bennie Muller, 2 Refentse Pholo, 1 Brantony Kgogo.
Pretoria THS: 15 Sthembiso Dlamini, 14 Moalose Mametsa, 13 Langelihle Mdladla, 12 Lathitha Phiri, 11 Bonolo Langa, 10 Uzophumelela Mabula, 9 Joshua Mutima, 8 Elakhe Mcoteli, 7 Sbonakaliso Majozi, 6 Justin Tatane, 5 Omphemtse Mokatse, 4 Awande Nkosi, 3 Daniel Shure, 2 Oratilwe Foka, 1 Omphemetse Nkele.
Skeidsregter: Arno du Pisani (Limpopo Blou Bulle).
