
Die eersterugbyspan van die Hoërskool Parys sal op Ellispark net buite Magaliesburg die pik van die Mambas van Bekker moet trotseer in die halfeindronde van Groep 4 van die Virseker Noordvaal Cup.
Bekker se Mambas was in 2023 kampioen van die afdeling en weet hoe om in uitspeelwedstryde suksesvol te wees. Die span van Magaliesburg het verlede week vir Patriot van Witbank met 16-10 in die kwarteindronde uitgeskakel.
Parys is egter vuurwarm vanjaar. Die span wat deur Roan de Milander gebrei word het verlede week vir Schoonspruit van Klerksdorp met 51-0 van die tafel gevee.
Die span se binnesenter, Durandt Fouché, was in ‘n vernietigende bui en het drie keer agter die doellyn teen Schoonspruit gaan kuier. Sy direkte teenstander van Bekker, Otloteng Matlakala, sal hom fyn moet dophou.
Die neutrale skeidsregter vir dié kragmeting sal Dries Badenhorst van die Luiperds wees. Alle Noordvaal-halfeindstryde het neutrale skeidsregters.
Parys kon laas in 2005 tot ‘n eindstryd in die Noordvaal-reeks deurdring.
In die ander halfeindstryd sal Eric Louw op sy tuisveld in Musina teen Steelcrest van Middelburg te staan kom.
Die span van Middelburg het met ‘n oortuigende sege van 49-12 oor Die Ankerskool van Vanderbijlpark vir hom ‘n plek in die halfeindronde bespreek. Eric Louw het verlede jaar se kampioen, Carletonville, met 27-20 in die kwarteindronde uitgeskakel.
Carletonville het verlede jaar vir Jan Viljoen van Riebeeckrand in die eindstryd van dié liga met 22-20 verslaan.
Eric Louw word deur sy slot Lerato Lediga aangevoer. Eric Louw kon laas in 2007 tot ‘n eindstryd in die Noordvaal-reeks deurdring, terwyl Steelcrest nog nooit in ‘n eindstryd in aksie was nie.
Die spanne is:
Eric Louw t. Steelcrest om 10:00 in Musina:
Eric Louw: 15 Junior Lesiba, 14 Junior Ncube, 13 Trevor Mashaba, 12 Tshegofatso Singu, 11 Tumi Madzonye, 10 Devine Masuku, 9 Vontavious Malouly, 8 Neels Reyneke, 7 Lebo Mokone, 6 Medupi Chauke, 5 Lerato Lediga, 4 Mpho Thivhase, 3 Fortunate Muhvango, 2 Wayne Saidon, 1 Muhluri Mlambu.
Steelcrest: 15 Renaldo Wilkens, 14 Thokozani Khumalo, 13 Keabetswe Mashishi, 12 Keith Nyoni, 11 Kagiso Makua, 10 Keamogetswe Mokoena, 9 Blessing Mnisi, 8 Jayden du Preez, 7 Daimon Ward, 6 Kgothatso Matlala, 5 Bophelo Moshou, 4 Lesiba Mthethwa, 3 Amukelani Mabena, 2 Sibusiso Ngwanyana, 1 Philasanda Letlala.
Skeidsregter: Ferdi Nienaber (Blou Bulle).
Bekker t. Hoërskool Parys om 10:00 in Magaliesburg:
Bekker: 15 Katleho Motsie, 14 Phetiso Lebeta, 13 Kea Nthutang, 12 Otloteng Matlakala, 11 Musa Sibayoni, 10 Molemo Mogoane, 9 Kgotso Seziba, 8 Michael Mondlhane, 7 Luthando Zondi, 6 Fortune Molise, 5 Solly Mogapi, 4 Nhlangano Xaba, 3 Boipelo Dolo, 2 Olaotse Rammila, 1 Mokoni Mtumba.
Hoërskool Parys: 15 Julio du Ponte, 14 Cameron Cowie, 13 Nico Rust, 12 Durandt Fouche, 11 Maibongwe Nkalatya, 10 Kevin Makgoe, 9 Pikkie Jansen van Vuuren, 8 Ncheka Ncheka, 7 Ion Hager, 6 Pieter Joubert, 5 Heinrich Swartz, 4 Franco Pretoruis, 3 Henk Small, 2 Daniel Sehume, 1 Brendan Fouché.
Skeidsregter: Dries Badenhorst (Luiperds).
