SuperSport Schools News

Voorskou – President t. JG Meiring

Sharing this article

Dié oudste interskole-wedstryd in die Noorde van Kaapstad word Saterdag op President se veld tussen die gasheer en JG Meiring beslis. Die interskole is ‘n instelling sedert 1988 en vanjaar sal dus die 26ste keer wees dat hierdie twee spanne mekaar in dié kragmeting pak. 

JG Meiring het verlede jaar naelskraaps 11-8 die septer geswaai, maar President het die voor verlede jaar se nederlaag ses agtereenvolgende seges oor hulle vyand behaal. President spog ook met die beste rekord in die interskole. Hy het sedert 1988 in 13 van die wedstryde as oorwinnaars van die veld gestap. JG Meiring was in 11 wedstryde aan die wenkant, terwyl 2002 se kragmeting 6-elk gelykop geëindig het. 

interskole kapeine 2013Soos die telbord sedert 1988 aandui is die tweestryd tussen die twee spanne gedug. Die gemiddelde telling vertel dieselfde verhaal. President wen met ‘n gemiddelde telling van 15-11 oor die afgelope 25 jaar. Die grootste sege nog in die interskole is ook deur President behaal toe hy in 2010 sy teenstander met 49-0 afgeransel het. 

President se kaptein en voorryman, Wikus Zeelie sal Saterdag in sy 61ste wedstryd vir sy skool se eerstespan uitdraf. Die gasheer se senterpaar, Justin Benjamin en Wynand van Zyl, spog ook met heelwat ervaring op eerstespanvlak. Benjamin en Van Zyl sal onderskeidelik in hulle 33ste en 36ste kragmeting vir hulle skool se trots uitdraf. 

Die spanne is: 

Mr. Price President: 15 Eugene Williams, 14 Gideon Andrews, 13 Wynand van Zyl, 12 Justin Benjamin, 11 Alex Conradie, 10 Gary Diedericks, 9 Granville van Rooyen, 8 Tiaan Belmer, 7 Jacques le Roux, 6 Jacques van Schalkwyk, 5 André Radyn, 4 Juan Kallis, 3 Wikus Zeelie (kaptein), 2 Juan Pullen, 1 Mauritz Reynecke. 

Cape Copytype JG Meiring: 15 Bhongo Nonkonyana, 14 Trevino Julies, 13 Jordan Werth, 12 Jean-Pierre Scheepers, 11 Naeem Ganief, 10 Keegan Viljoen, 9 Taufeeq Lee, 8 Jean Bannister, 7 Ulibambe Sulelo, 6 Luqmaan Sallies, 5 Mogamat Rtaima, 4 Glen Rademan, 3 Jason Nel, 2 Kyle Oliver, 1 Zyko Hadi. 

Die bepalings: 

08:30 – President o.15A t. JG Meiring o.15A
09:30 – President o.16A t. JG Meiring o.16A
10:30 – President o.19B t. JG Meiring o.19B
11:45 – Bekendstelling van eerste spanne 
12:00 – President o.19A t. JG Meiring o.19A

Vorige Uitslae:

2012 JG Meiring  11 President  8
2011 President  38 JG Meiring 3
2010 President 49 JG Meiring 0
2009 President 21 JG Meiring 6
2008 President 14 JG Meiring 11
2007 President  13 JG Meiring 12
2006 President 16 JG Meiring 3
2005 JG Meiring  27 President  9
2004 JG Meiring  23 President 3
2003 President 19 JG Meiring 16
2002 President 6 JG Meiring 6
2001 JG Meiring 22 President 20
2000 JG Meiring 10 President 6
1999 JG Meiring  20 President 12
1998 JG Meiring 12 President 17
1997 President 44 JG Meiring 6
1996 JG Meiring 12 President 10
1995 President 13 JG Meiring 7
1994 JG Meiring 20 President 3
1993 JG Meiring 13 President 3
1992 President 16 JG Meiring 15
1991 President 16 JG Meiring 0
1990 President 10 JG Meiring 3
1989 President 13 JG Meiring 9
1988 JG Meiring 4 President 3

 

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top