SuperSport Schools News

Te minste agt spelers sal langer vir hul Bok-nommers moet wag

Sharing this article

Hulle sal in die gesogte Groen-en-Goud op die veld draf en die kommentators sal hulle Springbokke noem, maar hulle sal nie daarop kan aanspraak maak dat hulle Springbokke is nie.

Die 12 spelers in die toerspan wat nog nie vir die Bokke uitgedraf het nie, sal ná Saterdag se rugbystryd teen die Barbarians – indien hulle speelkans kry – nie ’n Springbok-nommer kry of hul name sien toegevoeg word tot die lys van Bokke in die amptelike jaarboek nie.

Dit beteken dat spelers soos Thomas du Toit (Hoër Jongenskool Paarl), RG Snyman (Affies), Cheslin Kolbe (Brackenfell), Rohan Janse van Rensburg (Waterkloof), Uzair Cassiem (Strand), Jamba Ulengo (Jim Fouché), Lizo Gqoboka (Ntabankuku) en Tian Schoeman (HTS John Vorster) hulle ook nie as Springbokke kan eien nie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het bevestig dat die wedstryd as ’n amptelike wedstryd van die Suid-Afrikaanse nasionale span beskou word, maar dat die spelers nie volgens die beheerliggaam se regulasies amptelike Springbok-nommers sal kry nie.

“Om ’n Springbok-nommer te kry, moet jy Suid-Afrika in ’n toets verteenwoordig,” het Andy Colquhoun, ’n woordvoerder van Saru, bevestig.

Daar is dus net vier spelers op die oomblik wat ‘n kans staan om tydens die toer hul onderskeie skole se nuutste Springbokkke te word. Hulle is Francois Venter (Grey-kollege), Jean-Luc du Preez (Kearsney College), Sergeal Petersen (Grey PE) en Roelof Smit (Waterkloof) wat Bokke sal word indien hulle speelkans in een van die toetse teen Engeland, Italië of Wallis kry.

Sewe van die 12 nuwelinge, Du Preez, Petersen, Smit, Janse van Rensburg, Du Toit, Kolbe en Snyman, het sedert 2012 vir die Junior Springbokke gespeel en mag dus nie vir ’n ander land uitdraf in die toekoms nie.

Die viertal wat nie vir die Junior Bokkies sedert 2012 gespeel het nie – Cassiem, Gqoboka, Schoeman en Ulengo – sal ondanks die feit dat hulle nie as Springbokke gereken sal word nie ook nie in die toekoms kan kwalifiseer om vir ’n ander land te speel nie.

Die spelers is gekies om ’n land se senior toergroep tydens ’n internasionale toer te verteenwoordig wat volgens Wêreldrugby se regulasies hulle nie toelaat om ’n ander land te verteenwoordig nie.

Saterdag sal die agtste keer wees dat die Springbokke en die Barbarians mekaar die stryd aansê.

Twee Springbokke Barend Pieterse (nr. 793) en Andries Strauss (nr. 827) se enigste keer wat hulle die Groen-en-Goud oor die kop getrek het, was onderskeidelik in Suid-Afrika se wedstryde van 2007 en 2010 teen die einste Barbarians.

Destyds het spelers ook hul Bok-nommers gekry indien hulle saam met die Springbokke getoer het. Dié reël het in 2013 verander met Louis Schreuder, Scarra Ntubeni en Frik Kirsten wat die eerste spelers geword het wat saam met die Springbokke getoer het, maar nie Bok-kleure gekry het nie. Hulle het nooit op toer gespeel nie.

Sedert dié reël ingestel is, het Suid-Afrika nog net twee wedstryde gespeel wat nie amptelike toetse was nie. Dit was die twee wedstryde in 2014 en 2015 teen ’n Wêreldvyftiental.

Die laaste twee spelers wat Springbokke geword het sonder om ’n enkele wedstryd te speel, is Raymond Rhule en JC Janse van Rensburg, wat in 2012 saam die span deur Europa getoer het.

 

Player School SA Schools Craven Week      
Agterspelers
Pat Lambie Michaelhouse 2007/08 KwaZulu-Natal 2007/08      
Willie le Roux Paul Roos Gimnasium          
Sergeal Petersen Grey High School 2012 Eastern Province – 2012      
Ruan Combrinck Michaelhouse          
Bryan Habana King Edward VII          
JP Pietersen General Hertzog          
Jesse Kriel Maritzburg College          
Lionel Mapoe Fichardtpark   Free State – 2006      
Damian de Allende Milnerton          
Francois Venter Grey College 2008 Free State – 2008      
Johan Goosen Grey College 2010 Free State 2009/10      
Elton Jantjes Florida 2008 Golden Lions – 2008      
Rudy Paige Bastion          
Faf de Klerk Waterkloof          
Voorspelers
Warren Whiteley Glenwood          
Willem Alberts Monument        
Oupa Mahoje Louis Botha          
Roelof Smit Waterkloof          
Nizaam Carr Diocesan College 2009 Western Province – 2009      
Jean-Luc du Preez Kearnsey College 2012/13 KwaZulu-Natal 2011-13      
Pieter-Steph du Toit            
Eben Etzebeth Tygerberg   Western Province – 2009      
Lood de Jager Hugenote (Springs)        
Franco Mostert Brits          
Trevor Nyakane Ben Vorster          
Tendai Mtawarira Peterhouse (ZIM)          
Vincent Koch            
Steven Kitshoff Paul Roos Gimnasium 2010 Western Province 2009/10      
Lourens Adriaanse Paarl Gimnasium          
Adriaan Strauss Grey College          
Malcolm Marx King Edward VII          
Bongi Mbonambi St. Alban’s College 2009        

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top