SuperSport Schools News

Paar weglatings uit SA Skole-proewe laat wenkbroue lig

Sharing this article

Die weglating van Athi Mayinje (Oostelike Provinsie), S’busiso Nkosi (Leeus), PJ Toerien (Blou Bulle) en Shirwin Cupido (Vrystaat) uit die groep van 55 spelers wat Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Skole-proefwedstryde deelneem sal die meeste wenkbroue laat lig.

Buiten die feit dat al vier spelers van kleur is, was hulle dié beste en van die beste spelers vir hulle onderskeie unies op die 51ste Cravenweek vir hoërskole verlede week in Middelburg (Mpumalanga).

Die proewe word Saterdag in die Barnard-stadion in Kemptonpark gehou.

Spanne se vertonings tydens die Cravenweek het ook nie ‘n invloed op die spelers se kanse om die groep te haal gehad nie. Die Blou Bulle het dieselfde aantal spelers wat na die proewe genooi is, as wat die twee spanne wat in die hoofwedstryd betrokke was, die Oostelike Provinsie (6) en Suidwestelike Distrikte (4), saam in die span het.

Toerien wat verlede jaar die nasionale skolespan gemaak het, het vanjaar nie eers die proefwedstryde gehaal nie. Dit terwyl verlede jaar se SA Skole-skrumskakel, Marco Janse van Vuuren (Valke) duidelik die groep op sy reputasie gehaal het. Cupido het ‘n veel beter week agter die oond beleef.

Die keurders het ook Griekwa-platteland se slot Cobus Wiese as flank na die proewe genooi, terwyl die span se stut Stefan Hanekom ook nog ‘n kans gaan kry om hulle te beindruk. Die Griffons wat vir die tweede jaar agtereenvolgens die toernooi onoorwonne afgesluit het se skrumskakel, Jaywinn Juries, is saam met die vleuel Nazo Nkala die enigste spelers van die Noord-Vrystaat wat goed genoeg geag is om aan die proewe deel te neem.

Twee spelers wat nie op vanjaar se Cravenweek in Middelburg in aksie was nie, Jurie Fick en Hacjivah Dayimani, is na die proewe uitgenooi. Fick was Boland se flank op die Akademie-week in Worcester, terwyl Dayimani die Leeus se agtsteman op die toernooi was.

Nie een speler van die twee voroste skolespanne tot dusver vanjaar in Suid-Afrika volgens School of Rugby se ranglys, Grey-kollege of Paul Roos Gimnasium, het die groep gehaal nie. Grey-kollege se tweedespan vaskopstut, IG Prinsloo, is die enigste speler van dié skool wat die groep gehaal het.

Die keurders behoort egter steeds ‘n sterk SA Skole-span uit die groep te kan kies wat op dié span se onoorwonne rekord sedert 2010 kan voortbou. Die nasionale skolespan speel teen sy eweknie van Frankryk (15 Augustus), Wallis (19 Augustus) en Engeland (23 Augustus) volgende maand.

Die groep is: 

Agterspelers: 

Morné Joubert Heelagter Glenwood KwaZulu-Natal
Eduan Keyter Heelagter Affies Blou Bulle
Keanu Vers Heelagter Grey PE Oostelike Provinsie
Nazo Nkala Regtervleuel Welkom-Gimnasium Griffons
Duncan Saal Regtervleuel Kasselsvlei  Westelike Provinsie
Manie Libbok Regtervleuel Outeniqua SWD
Jerry Danquah Linkervleuel Queens-kollege  Grens
Conree Poole Linkervleuel Garsfontein  Blou Bulle
Andell Loubser Linkervleuel Menlopark Blou Bulle
Barend Smit Buitesenter HTS Middelburg Pumas
Cyprian Nkomo Buitesenter Hoërskool Middelburg  Pumas
Markus Coetzer Buitesenter Bergsig Luiperds
JT Jackson Binnesenter Oakdale Landbou SWD
Tshepo Thulo Binnesenter Jeppe  Goue Leeus
Heino Bezuidenhout Binnesenter HTS Daniël Pienaar Oostelike Provinsie
Franco Naudé Binnesenter Garsfontein Blou Bulle
Tinus de Beer  Losskakel  Waterkloof  Blou Bulle 
Curwin Bosch  Losskakel  Grey PE  Oostelike Provinsie 
Tristan Tedder  Losskakel  Kearsney-kollege  KwaZulu-Natal 
Jaywinn Juries Skrumskakel Hentie Cilliers Griffons
Stephan Enslin Skrumskakel HTS Middelburg Pumas
Marko Janse van Vuuren Skrumskakel Transvalia Valke
Embrose Papier Skrumskakel Garsfontein Blou Bulle

Voorspelers

Jaco Coetzee Agtsteman Glenwood KwaZulu-Natal
Junior Pokomela Agtsteman Grey PE Oostelike Provinsie
Edmund Rheeder Agtsteman Hoërskool Klerksdorp Luiperds
Hacjivah Dayimani Agtsteman Jeppe Goue Leeus
Cobus Wiese Flank Hoërskool Upington Griekwa-platteland
Conal Brown Flank Klein Nederburg  Boland
Victor Maruping Flank Louis Botha Vrystaat
Arnold Gerber Flank Menlopark Blou Bulle
Saud Abrahams Flank Bishops  Westelike Provinsie
Len Massyn Flank Monument Goue Leeus
Luigy van Jaarsveld Flank Marlow Landbou OP-platteland
Jurie Fick Flank HTS Drostdy Boland
Eduard Zandberg Slot Outeniqua SWD
Ruben de Villiers Slot Paarl BHS Westelike Provinsie
Hendré Stassen Slot EG Jansen Valke
Teubes Brits Slot Landboudal Griekwas
Jaco Willemse Slot Paarl Gimnasium Westelike Provinsie
Rhyno Herbst Slot Monument Goue Leeus
Rikus Swarts Slot Noord-Kaap Griekwas
Ashton Fortuin Slot Southdowns-kollege  Blou Bulle
IG Prinsloo Vaskopstut Grey-kollege Vrystaat
Sarel-Marco Smit Vaskopstut Eldoraigne Blou Bulle
Stefan Hanekom Vaskopstut Duineveld  Griekwa-platteland
Koos Tredoux Vaskopstut Glenwood KwaZulu-Natal
Jan-Henning Campher Haker Garsfontein Blou Bulle
Le Roux Baard Haker Outeniqua SWD
Alandré van Rooyen Haker Nico Malan  Oostelike Provinsie
Nico Peyper Haker EG Jansen Valke
Kenny van Niekerk Loskopstut Glenwood  KwaZulu-Natal
Ngonidzashe Chidoma Loskopstut Northwood  KwaZulu-Natal
Michael Kumbirai Loskopstut St. Alban-kollege  Blou Bulle
Lupumlo Mguca Loskopstut HTS Daniël Pienaar  Oostelike Provinsie
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top