

Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen van die Virseker Noordvaal Cup se 5A-afdeling gekroon word.
Verlede jaar se kampioen, Hoërskool Vryburger, kon nie vanjaar daaring slaag om tot die uitkloprondes deur te dring nie. Van verlede jaar se spanne wat tot die uitspeelrondes van die streekkompetisie deurgedring het, is dit slegs Komatipoort en Vaalpark, wat weer vanjaar in die reeks te sien sal wees.
Albei die spanne het ook reeds tot die volgende ronde van die reeks deurgedring.
Komatipoort het reeds tot die halfeindronde van die reeks deurgedring na Olympia Park hom aan die reeks onttrek het. Die span het verlede jaar in die halfeindronde teen Maragon Mooikloof (15-22) in die halfeindronde die knie gebuig.
Vaalpark het tot die volgende ronde deurgedring deur reeds Donderdag vir Curro Roodeplaat met 31-19 kaf te draf.
Jabulani Technical was wel verlede jaar Afdeling 5B se kampioen en behoort vanjaar sy stem in die hoër afdeling wil dikmaak. Die span word deur die voormalige Leeu-senter Mac Masina afgerig.
Die span sal na Pretoria reis om teen Magalies in die kwarteindronde sake uit te spook. Die span van Magalies is egter ook ‘n span wat ‘n sterk aanspraakmaker op vanjaar se 5A-titel sal wees.
Tien van die span se spelers het die Blou Bulle vroeër vanjaar op die LSOB-week (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) in Oos-Londen verteenwoordig.
Die tien spelers is Tiaan van Straaten, Hendrik Fourie, Khumo Modiga, Marthinus Bester, Jayneil Williamson, Jacques Fourie, Reitumetse Mbele, Demont van der Merwe, Liam Fourie en Abdul Thanda.
In die enigste ander kwarteindstryd wat die naweek beslis word sal Evander gasheer vir Glenharvie speel. Die tuisspan is die Puma-kampioen na hy vir Komatipoort met 24-13 in die Puma-eindstryd verslaan het.
Glenharvie is die Leeus se naaswenner na hy teen Jabulani Technical met 17-27 in die Leeu-eindstryd die knie gebuig het.
Die spanne is:
Magalies t. Jabulani Technical om 11:15 in Pretoria:
Magalies: 15 Reitumetse Mbele, 14 Leon Ngombe, 13 Abdul Thanda, 12 Jacques Fourie, 11 Jaundre du Plooy, 10 Denzil Coetzee, 9 Katlego Kgoale, 8 Marthinus Bester, 7 Chrisjan Duvenhage, 6 Hendrik Fourie, 5 Stephan van Heerden, 4 Marius Ehlers, 3 JD van Niekerk, 2 Demont van der Merwe, 1 Tiaan van Straaten.
Jabulani Technical: 15 Lwazi Tshazi, 14 Zamane Malinga, 13 Neo Mdluli, 12 Nhlanhla Dlangalala, 11 Ofentse Mpitse, 10 Tshepo Mdaki, 9 Lesedi Mokone, 8 Junior Nyuswa, 7 Ntobeko Mhlungu, 6 Thabiso Rikhotso, 5 Thabang Hlongwa, 4 Samkelo Luvuno, 3 Lwandle Buthelezi, 2 Sphesihle Mbatha, 1 Sphesihle Mhlanga.
Referee: JP Buitendag.
Evander t. Glenharvie om 11:15 in Evander:
Evander: Nie ontvang nie.
Glenharvie: 15 Sinekamva Nzele, 14 Lesedi Maja, 13 Tshegofatso Ngakane, 12 Inako Mnyamezeli, 11 Chilishe Chipasha, 10 Cebolakhe Tutuka, 9 Kgotso Nkanga, 8 Mpendulo Mbokane, 7 Deric Mokitlana, 6 Thimna Mlinga, 5 Mzukiseni Nbana, 4 Bokamoso Moshesh, 3 Bokomoso Matsana, 2 Avethandwa Khumalo, 1 Thamsanqa Mbatha.
- Carletonville skop aanslag om sy Noordvaal-titel te behou in Musina af - 2026-07-31
- Jabulani Tech kan behoorlik deur Magalies in Afdeling 5A van die Virseker Noordvaal Cup getoets word - 2026-07-31
- Sannieshof en Pretoria THS weer aanspraakmakers in Afdeling 5 van die Virseker Noordvaal Cup - 2026-07-31
