

Die Hoërskool Carletonville skop sy aanslag om sy titel as kampioen van die Virseker Noordvaal Cup se Afdeling 4 te behou bykans 600 kilometer van die huis Saterdag in Musina af.
Die Callies kom om 10:00 teen Eric Louw van Musina in die kwarteindronde van die reeks te staan. Die span vanuit Noordwes het verlede jaar vir Jan Viljoen van Randfontein met 22-20 verslaan om as kampioen gekroon te word.
Eric Louw is die Limpopo-kampioen nah y vir Curro Heuwelkruin gemaklik met 53-21 in die eindstryd verslaan het.
Die Puma-kampioen, Steelcrest, sal op sy tuisveld in Middelburg gasheer vir Die Ankerskool van Vanderbijlpark pak. Steelcrest het vir Patriot van Witbank met 30-14 in die Puma-eindstryd verslaan.
Steelcrest se skrumskakel, Keabetswe Mokoena, is ‘n sleutelspeler vir sy span. Hy het in die eindstryd teen Patriot asook in die halfeindronde teen Kanonkop (27-10) blink vertonings vir die span van Middelburg opgedis.
Mokoena was saam met nog drie spelers van Steelcrest – Kgothatso Matlala (flank), Bophelo Moshau (agtsteman) en Keabetswe Mashishi (vleuel) in die Pumas se span wat op die VKB-week in Reitz in aksie was.
Die Ankerskool is ook ‘n gedugte span. Hoewel hy met 12-27 teen die Hoërskool Parys in die Valke-eindstryd die knie gebuig het, het die span niks minder as ses spelers in die Valke se span na die LSOB-week (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) in Oos-Londen gehad.
Die ses spelers is Lerato Moloi (flank), Jayden Vorster (heelagter), Tshegofatso Solo (slot), Onele Fipaza (vaskopstut), Lesedi Lethoba en Bengy Mokoena.
Die Mambas van Bekker moet na eMalahleni reis vir hul afspraak met Patriot in die kwarteindronde.
Bekker is natuurlik die alma mater van die Springbok-flank Marco “Eskom” van Staden, terwyl natuurlik die kaptein van die Wêreldbeker-kampioenspan van 1995, Francois Pienaar opgelewer het.
In die ander kwarteindstryd sal Schoonspruit van Klerksdorp gasheer vir Hoërskool Parys wees. Die gevaarman in die Schoonies se span is hul buitesenter, Suwaiden Williams, wat die Luiperds vanjaar op die Akademie-week in Kariega verteenwoordig het.
Parys is die Valke-kampioen en kan indien hy verby die eerste hekkie in die reeks in Klerksdorp kom, ‘n sterk aanspraakmaker om die titel wees.
Die spanne is:
Steelcrest t. Die Ankerskool om 10:15 op Middelburg:
Steelcrest: 15 Renaldo Wilkens, 14 Thokozani Khumalo, 13 Keabetswe Mashishi, 12 Keith Nyoni, 11 Kagiso Makua, 10 Keamogetswe Mokoena, 9 Blessing Mnisi, 8 Jayden du Preez, 7 Daimon Ward, 6 Kgothatso Matlala, 5 Bophelo Moshou, 4 Lesiba Mthethwa, 3 Amukelani Mabena, 2 Sibusiso Ngwanyana, 1 Philasanda Letlala.
Die Ankerskool: 15 Jayden Vorster, 14 Simlindile Bewana, 13 Andile Nobete, 12 Lwazi Mens, 11 Baanetse Moagi, 10 Oratiloe Ramaite, 9 Damian Ndlovu, 8 Abel Wodimugenhu, 7 Lukhanyo Genu, 6 Lerato Moloi, 5 Tshegofatso Solo, 4 Nkosinathe Ntai, 3 Onele Fipaza, 2 Benggy Mokoena, 1 Timothy Rall.
Eric Louw t. Carletonville om 10:00 op Musina:
Eric Louw: 15 Junior Lesiba, 14 Junior Ncube, 13 Trevor Mashaba, 12 Tshegofatso Singu, 11 Tumi Madzonye, 10 Devine Masuku, 9 Vontavious Malouly, 8 Neels Reyneke, 7 Willie Johan Taute, 6 Medupi Chauke, 5 Lerato Lediga, 4 Mpho Thivhase, 3 Fortunate Muhvango, 2 Wayne Saidon, 1 Damian Muleya.
Carletonville: 15 AJ Morton, 14 Charldon Oats, 13 Kwanele Mangena, 12 Vusimazi Saleni, 11 Lesego Maraka, 10 Gideon Raaths, 9 Rian Mostert, 8 Njabula Lubisi, 7 Thabang Kleinhans, 6 Tiago Caldeira de Aguar, 5 Tshepo Mtsixa, 4 Ryan Rademeyer, 3 Asemahle Sigoxo, 2 Molefi Potsane, 1 Siphosethu Marabela.
Patriot t. Bekker om 12:00 in eMalahleni:
Patriot: 15 Gagu Ntsikelelo, 14 Jaydon Francis, 13 Nyiko Mehlembe, 12 Thabo Ntuli, 11 Kearabetswe Maphalla, 10 Silindo Mohaule, 9 Kghothatso Mangwale, 8 Sizwe Mahlalela, 7 Siyabonga Phiri, 6 Sandile Mahlalela, 5 Bokamoso Maahlo, 4 Lunga Nyambe, 3 Daniel Magaragada, 2 Koketso Montshiwa, 1 Khaya Nkosi.
Bekker: 15 Katleho Motsie, 14 Phetiso Lebeta, 13 Kea Nthutang, 12 Otloteng Matlakala, 11 Musa Sibayoni, 10 Molemo Mogoane, 9 Kgotso Seziba, 8 Michael Mondlhane, 7 Luthando Zondi, 6 Fortune Molise, 5 Solly Mogapi, 4 Nhlangano Xaba, 3 Boipelo Dolo, 2 Olaotse Rammila, 1 Mokoni Mtumba.
Schoonspruit t. Hoërskool Parys om 11:40 in Klerksdorp:
Schoonspruit: 15 Enias Dube, 14 Arrie de Koker, 13 Suwaiden Williams, 12 Tshepo Moono, 11 Derick Coetzee, 10 Hanru Oosthuizen, 9 Navern Carelse, 8 Dylan Prinsloo, 7 Chris de Koker, 6 Victor Mdlandla, 5 Wiandré Lingenfelder, 4 Pierre Roux, 3 Richardo Kok, 2 Johnathan Lamar, 1 Markus Verdonck.
Hoërskool Parys: Geen span ontvang nie.
- Carletonville skop aanslag om sy Noordvaal-titel te behou in Musina af - 2026-07-31
- Jabulani Tech kan behoorlik deur Magalies in Afdeling 5A van die Virseker Noordvaal Cup getoets word - 2026-07-31
- Sannieshof en Pretoria THS weer aanspraakmakers in Afdeling 5 van die Virseker Noordvaal Cup - 2026-07-31
