SuperSport Schools News

Hulle pak mekaar vanjaar in Virseker Beeldtrofee vir Grootskole

Sharing this article

Virseker Beeldtrofee logoDie Virseker Beeldtrofee vir Grootskole gaan vanjaar een van die felste afdelings in die reeks wees. Nie minder as 48 skole van die ses rugbyprovinsies noord van die Vaalrivier sal aan die kompetisie deelneem.

Verlede jaar se kampioen, Helpmekaar-kollege, sal weer vanjaar onder die gunstelinge tel. Helpies sal die Virseker Beeldtrofee vanjaar as die Goue Leeus se kampioen betree. Die kampioen van die Goue Leeus se liga sal die uitspeelrondes van die streekkompetisie as die naaswenner betree. 

Veral in die Luiperds se liga gaan die vonke behoorlik spat. Potchefstroom Gimnasium het reeds in sy eerste wedstryd vir Lichtenburg met 31-30 verras. Die Liggies is die Pukke se Prestige-reeks se kampioen en ook een van die vroee gunstelinge in die Virseker Beeldtrofee. Klerksdorp en Potchefstroom Volkskool het ook nie spanne wat ligtelik opgeneem kan word nie.  

In Limpopo het Ben Vorster en die Hoerskool Pietersburg reeds hul spiere gebult en sal hulle ook sterk aanspraakmakers op die titel wees. In die Valke het Transvalia, Vereeniging Gimnasium, Heidelberg Volkskool en Benoni High almal sterk spanne wat hulle vanjaar in die veld stoot. 

Gerrit Maritz van Pretoria neem vanjaar aan die Blou Bulle se Mediumskole-liga deel, maar tel steeds in die Virseker Beeldtrofee as ‘n Grootskool. So neem Midstream College vanjaar in die Blou Bulle se Grootskole-afdeling deel, maar sal in die Virseker Beeldtrofee in die Mediumskole-afdeling deelneem. 

Die Blou Bulle se gunstelinge om deur te dring tot die uitspeelrondes is Oos-Moot en die Hoerskool Tuine.

Die uitspeelmodel: 

Grootskole Uitspeelmodel 2016

Grootskole vir vanjaar se Virseker Beeldtrofee: 

Blou Bulle Goue Leeus Limpopo Luiperds Pumas Valke
Tuine Helpmekaar Ben Vorster Lichtenburg Standerton Heidelberg Volkskool
Pretoria-Noord Linden Pietersburg Potch Gimmies Piet Retief Hans Moore
Midstream College Randburg HTS Tom Naude Potch Volkies Secunda Hugenote (Springs)
HTS Tuine Hoërskool Alberton Frikkie Meyer Wesvalia Ermelo Transvalia 
Oos-Moot Riebeeckrand   Klerksdorp Volksrust Vereeniging Gimnasium 
Die Wilgers Jan Viljoen      Hoogenhout  Oosterlig
Overkruin Dinamika     Ligbron  Benoni High 
Wagpos       Rob Ferreira  Dr. Malan 
Gerrit Maritz       Bergvlam Springs Boys’ High
        HTS Witbank Birchleigh
        Lydenburg Driehoek
        Generaal Hertzog  

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top