SuperSport Schools News

Voorskou – Paarl Boishaai vs. Paarl Gimnasium

Paarl-derby BomeDie tafel is gedek dat dié interskole-kragmeting tussen die Hoër Jongenskool Paarl en Paarl Gimnasium onder een van die groottes in die geskiedenis tussen die twee skole gaan tel. Dit is die 101ste keer wat die twee spanne mekaar die stryd sedert die onstaan van die interskole in 1915 sal pak.

Die grootste interkole-wedstryd ter wêreld skop more om 16:00 in die Faurestraat-stadion in die Paarl af. Boishaai is vanjaar die gasheer en ook die oorweldige gunsteling. Hy was in sy laaste 37 wedstryde nog nie aan die verloorkant nie.

Die wedstryd sal ook ondanks die afskop van die verwaterde Curriebeker die grootste rugbywedstryd in Suid-Afrika more wees.

Aan die anderkant het Gimmies vanjaar nog net in Pretoria teen Garsfontein (13-15) die knie gebuig. Interresant is dat vanjaar se interskole Gimmies se hoofafrigter en die voormalige Springbok-vleuel, Pieter Rossouw, se eerste saam met die eerstespan is. Rossouw is in sy matriekjaar net voor die interskole uit Gimmies se eerstespan weggelaat. Hy rig die span saam met Helmut Lehmann af wat in 2008 vir Gimmies uitgedraf het.

Gimnasium was in 50 van die wedstryde aan die wenkant, terwyl Boishaai in 39 as oorwinnaars van die veld gestap het. Nie minder as 11 keer moes die twee artsvyande die louere deel. In vier van die gelykopstryde kon nie een van die twee spanne daarin slaag om punte aan te teken nie. Die laaste keer wat dit die geval was, was in 1986 toe Paarl Gimnasium se kaptein, Frankel Engelbrecht, ook die nasionale skolespan aangevoer het.

Engelbrecht se seun, Bernu, kan dalk van die plaasvervangersbank speelkans in die interskole vir Gimmies kry. Bernu is ’n skrumskakel, maar het verlede week ook vir Gimmies in die middelveld diens gedoen. Gimmies word van agter die oond deur sy skrumskakel, Zak Burger, aangevoer.

Daar sal vanjaar ’n rekordgetal van tien Suid-Afrikaanse Skole-spelers in die wedstryd in aksie wees. Agt van die spelers draf vir die Galpille uit, terwyl ses van die agt in die agttal sal woel. Boishaai se slot en kaptein, Salmaan Moerat, is ook die SA Skole-span se kaptein.

Gimmies se twee SA Skole-spelers is die heelagter, Muller du Plessis, en die agtsteman, Muller Uys. Du Plessis het die nasionale skolespan as ’n vleuel gehaal. Sy pa Charl (Kroonstad Landbou, 1978) en broer, JP (Paul Roos Gimnasium, 2009) het albei ook die SA Skole-span op hul dag verteenwoordig. Albei die Mullers in Gim se span is volgende jaar eers in matriek.

Boishaai het verlede jaar met sy sege van 16-10 vir die eerste keer sedert 2009 daarin geslaag om die Gimmies te troef. Die wedstryd tussen die twee spanne in 2010 het met 19-elk gelykop geëindig.

Die spanne is:

Hoër Jongenskool Paarl: 15 Gianni Lombard, 14 Urgene Johannes, 13 Manuel Rass, 12 Hanri van Heerden, 11 Thaakir Abrahams, 10 Rayhaan Lombaard, 9 Michael Visser, 8 Khanya Ncusane, 7 Francke Horn, 6 Charl Serdyn, 5 Ewie Laubscher, 4 Salmaan Moerat (k), 3 Adam Neethling, 2 Daniel Jooste, 1 Reece Bezuidenhout.

Paarl Gimnasium: 15 Muller du Plessis, 14 Jan Jordaan, 13 Christopher Willemse, 12 Wian van Niekerk, 11 Ryno Boonzaaier, 10 Theo Boshoff, 9 Zak Burger (k), 8 Muller Uys, 7 Henco Martins, 6 Janus Swart, 5 Raymond Nel, 4 Adriaan Ludick, 3 Adriaan Staples, 2 Sehan du Toit, 1 André Booysen.

Skeidsregter: Egon Seconds (WP)

 

Vorige uitslae:

Year        
2015 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 10
2014 Paarl Gimnasium 16 Paarl Boys’ High 15
2013 Paarl Gimnasium 37 Paarl Boys’ High 27
2012 Paarl Gimnasium 16 Paarl Boys’ High 9
2011 Paarl Gimnasium 22 Paarl Boys’ High 19
2010 Paarl Gimnasium 19 Paarl Boys’ High 19
2009 Paarl Boys’ High 24 Paarl Gimnasium 12
2008 Paarl Gimnasium 35 Paarl Boys’ High 8
2007 Paarl Gimnasium 10 Paarl Boys’ High 0
2006 Paarl Gimnasium 23 Paarl Boys’ High 17
2005 Paarl Gimnasium 22 Paarl Boys’ High 10
2004 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 3
2003 Paarl Boys’ High 25 Paarl Gimnasium 6
2002 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 0
2001 Paarl Boys’ High 12 Paarl Gimnasium 3
2000 Paarl Boys’ High 15 Paarl Gimnasium 7
1999 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 6
1998 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 5
1997 Paarl Gimnasium 13 Paarl Boys’ High 10
1996 Paarl Gimnasium 18 Paarl Boys’ High 16
1995 Paarl Boys’ High 17 Paarl Gimnasium 3
1994 Paarl Boys’ High 11 Paarl Gimnasium 6
1993 Paarl Boys’ High 19 Paarl Gimnasium 17
1992 Paarl Gimnasium 20 Paarl Boys’ High 15
1991 Paarl Boys’ High 8 Paarl Gimnasium 4
1990 Paarl Boys’ High 10 Paarl Gimnasium 6
1989 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 4
1988 Paarl Boys’ High 6 Paarl Gimnasium 6
1987 Paarl Boys’ High 15 Paarl Gimnasium 7
1986 Paarl Gimnasium 0 Paarl Boys’ High 0
1985 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 6
1984 Paarl Gimnasium 10 Paarl Boys’ High 4
1983 Paarl Gimnasium 15 Paarl Boys’ High 6
1982 Paarl Boys’ High 16 Paarl Gimnasium 15
1981 Paarl Gimnasium 12 Paarl Boys’ High 0
1980 Paarl Gimnasium 9 Paarl Boys’ High 3

 

Scroll to Top