SuperSport Schools News

Al die Noordvaal Uitslae van 9 Mei 2015

Sharing this article

IMG 3710Die rugbyspan van die Hoërskool Waterkloof het Menlopark in ’n indrukwekkende vertoning met 23-9 in ’n kragmeting van die Blou Bulle se afdeling vir makroskole gebêre.

Dié kragmeting was die eerste van die onderskeie streke in dié afdeling. Klofies sal nou later net met Garsfontein moet afreken om as die Blou Bulle se voorste span in Noordvaal tot die Beeldtrofee-uitspeelwedstryde deur te dring.

Die Bulle se kampioen sal teen die Pumas se naaswenner in die halfeindstryd van die reeks kragte meet.

In ’n vurige kragmeting was niemand meer indrukwekkend as Klofies se haker, Jeandré Jones, nie. Hy was met sy inklimspel sy span se beste speler.

Die agtsteman, Dylan Robinson, het, soos altyd, sy gebruiklike lopies ingekry. Sy drie is gedruk nadat Jones omgekeerde besit bewerkstellig het.

Klofies se losskakel, Willie Ludick, het wel ’n paar taktiese skoppe direk oor die kantlyn geskop, maar hy was suksesvol met ’n hele paar ander.

Vir Menlopark het die buitesenter, Stean Pienaar, moedig probeer.

In die Blou Bulle se liga vir grootskole het die vroeë gunsteling, Oos-Moot, amper teen Overkruin gegly. Oos-Moot het naelskraaps met 17-16 as oorwinnaar afgestap.

Die Hoërskool Tuine het die HTS Tuine met 29-5 die loef afgesteek. In die afdeling vir medium- skole het Die Wilgers vir Erasmus van Bronkhorstspruit met 38-19 verslaan.

Dié twee spanne het mekaar verlede jaar in die eindstryd gepak.

Erasmus was met die omdraaislag met 14-12 voor. Die Wilgers se senter, Chad Sias, was sy span se groot held.
Midstream College het Southdown College met 40-17 verslaan. Laasgenoemde neem nie aan dié liga deel nie.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het Grey-kollege in Bloemfontein sy derde opeenvolgende neerlaag besorg. Affies was met 29-18 baas. Dit is slegs die tweede keer sedert 1966 dat Grey drie keer op ’n streep verloor.Die ander keer was in 1996.

Die wenspan se kaptein en losskakel, Eddie Fouché, was aan die spits van die sege. Voorlangs het die agtsteman, Eduan Lubbe, en loskopstut, Kabous Eloff, vir Grey hoofbrekens besorg.

Uitslae: 

BLOU BULLE

MAKROSKOLE

Waterkloof 23 (10) – Drieë: Dylan Robinson, Chergin Fiellies. Doelskoppe: Willie Ludick (2). Strafdoele: Ludick (3). Menlopark 9 (6) – Strafdoele: Andell Loubser. 

 Ander spanne: 

o.16: Menlopark 19, Waterkloof 17.
o.15: Menlopark 26, Waterkloof 20.
o.14: Menlopark 22, Waterkloof 17.

GROOT SKOLE

Oos-Moot 17 (10) – Drieë: JP Alberts, ­Tiaan de Lange, Ronald van der Wetering. Doelskoppe: Alberts (2). Strafdoel: Alberts. Overkruin 16 (16).

Hoërskool Tuine 29 (15) – Drieë: Jacques Erasmus (2), Gert Nel, Marius Corneelsen. Doelskoppe: Pieter Voges (3). Strafdoel: Vo­ges. HTS Tuine 5 (5) – Drie: Dandré Botes. 

Ander spanne:

o.16: Oos-Moot 62, Overkruin 0; Tuine 60, HTS Tuine 0.
o.15: Oos-Moot 22, Overkruin 7; HTS Tuine 55, Tuine 0.
o.14: Oos-Moot 40, Overkruin 5; Tuine 15, HTS Tuine 5.

MEDIUMGROOT SKOLE

Die Wilgers 38 (12) – Drieë: Morné Taylor (2), Rian Olivier, Rudolph Smit, Chad Sias, Stiaan Joubert. Doelskoppe: Joubert (3), ­Sias. Erasmus (Bronkhorstspruit) 19 (14) – Drieë:

Midstream College 40 (21) – Drieë: Louis Naudé, Heinro Kritzinger, Heinrich Bisschoff, Zander Hill, Anrich Piek, Tristan Little. Doelskoppe: Jason Bayford (5). Southdowns College 17 (3).

Ander spanne:

Eerste spanne: Cornwall Hill College 21, F.H. Odendaal 14; Hendrik Verwoerd 33, Akasia 10.
o.16: Die Wilgers 51, Erasmus 0; Midstream College 72, Southdowns College 0; F.H. Odendaal 34, Cornwall Hill 12; Hendrik Verwoerd 21, Akasia 12.
o.15: Midstream College 38, Southdowns College 0; Cornwall Hill 45, FH Odendaal 14; Hendrik Verwoerd 19, Akasia 15.
o.14: Midstream College 76, Southdowns College 0; Cornwall Hill 43, F.H. Odendaal 0; Hendrik Verwoerd 24, Akasia 24.

KLEIN SKOLE
) Pretoria THS 43 – Drieë: Shadeur Malanga (4), Lelegonolo Nyelele (2), Bradley Matambo. Doelskoppe: Keanu Duraan (2), Ashton Swartz (2). Curro Hazeldean 21.
) Hercules 45 – Drieë: Dean Nel (2), Christo Erasmus (2), Emmanuel Bruzzel, Desmond Ferreira, Frederick de Jongh, JJ Taljaard. Doelskoppe: Erasmus (5). Voortrekkerhoogte 15.

VRIENDSKAPLIK
) Affies 29 (15) – Drieë: Louritz van der Schyff (2), Henco Jordaan, Eddie Fouché. Grey-kollege 18 (6) – Drieë: PR Serfontein, Rewan Kruger. Doelskop: Mario Vieira. Strafdoele: Niel Durow (2).
) Pretoria-Noord 31 – Drieë: Nic Campher, Francois Coetzee, Dylan Grobler, Ruben Swarts, Hendré Hechter. Doelskoppe: Marnich Hattingh (2), Kobus Gouws. Sutherland 10.
) Cornwall Hill College 100 – Drieë: Svan Dahlman (3), Aiden Beukes (2), Sammy Posten (2), Carel Vos (2), Rodney Shivute (2), Brandon du Plessis, Michael Docherty, Renzo Venturi, Jared Oosthuizen, Alex Lavdas. Doelskoppe: Du Plessis (6), Beukes (4). Woodhill College 0.
) Ander spanne:
Eerste spanne: Southdowns College 52, Fourways High 12.
o.16: Grey-kollege 17, Affies 16.
o.15: Grey-kollege 32, Affies 24.
o.14: Grey-kollege 31, Affies 17.

GROOT SKOLE
) Linden 33 (16) – Drieë: Jacques Fourie, Jonhro Rothman, Morné van der Berg, Arno van Zyl. Doelskoppe: Kyle Lewis (2). Strafdoele: Lewis (3). Hoërskool Alberton 13 (3) – Drieë: Carltino Jones, Evert Schawb. Strafdoel: Bryan Thysse.
Ander spanne:
o.16: Alberton 38, Linden 10.
o.15: Linden 52, Alberton 5.
o.14: Linden 17, Alberton 10.

VRIENDSKAPLIK
) Jeppe Boys’ High 37 – Drieë: Hachiva Daymani (2), Tyrone Green (2), Moemisi Mosheledi. Doelskoppe: Wandisile Simelane (3). Strafdoele: Simelane (2). Pretoria Boys’ High 24.
Ander eerste spanne: Maritzburg College 35, King Edward VII 34; St. John’s College 22, St. Andrew’s (Bloemfontein) 5.
GROOT SKOLE
)Eerste spanne: Piet Potgieter 48, Tom Naudé 5.
Ander spanne:
o.16: Tom Naudé 29, Piet Potgieter 18.
o.15: Piet Potgieter 58, Tom Naudé 0.
o.14: Piet Potgieter 36, Tom Naudé 0.

MEDIUMSKOLE
Eerste spanne: Ben Viljoen 30, Nylstroom 3.
Ander spanne:
o.16: Ben Viljoen 31, Nylstroom 3.
o.15: Ben Viljoen 35, Nylstroom 0.
o.14: Nylstroom 21, Ben Viljoen 0.

VRIENDSKAPLIK
) Hans Strijdom 60 – Drieë: Jacques Preto­rius (2), Albertus van Deventer (2), Ruben Brown (2), Jandré Visagie, Theuns Prinsloo, Michael Pauer, Martin Grobler. Doelskoppe: Alexander Gregan (4), André du Plessis. Warmbad 10 – Drie: Ayden Dresse. Doelskop: Leon Lotter. Strafdoel: Lotter.
) Frikkie Meyer 55 (15) – Drieë: Cornis Swanepoel (3), Stefan Allan, JJ de Beer, Chrizaan Strauss, Heinrich Hermann, Dale Sorour, Lebu Lesupi. Doelskoppe: Hermann (5). Ellisras 12 (7) – Drieë: Stefan van Emmenis, Ruan Louw. Doelskop: Rickus Malan. Merensky 20 – Louis Trichardt 10 – Drie: Hein Liversage. Doelskop: Tony Manamela. Strafdoel: Manamela.
Ander spanne:
o.16: Hans Strijdom 62, Warmbad 0; Frikkie Meyer 58, Ellisras 0; Curro Heuwelkruin 53, Eric Louw 0; Merensky 31, Louis Trichardt 10.
o.15: Hans Strijdom 56, Warmbad 0; Frikkie Meyer 26, Ellisras 5; Curro Heuwelkruin 69, Eric Louw 0; Merensky 19, Louis Trichardt 19.
o.14: Hans Strijdom 38, Warmbad 5; Frikkie Meyer 48, Ellisras 0; Louis Trichardt 29, Merensky 12.

MEDIUMSKOLE
) Vryburg 64 – Drieë: Gert Jonker (3), Francois Pelser (2), Kabelo Kene, Joe van Huyssteen, Jonan van der Berg, Rico Markram. Doelskoppe: André Kock (9). Brits 0.
) Ander spanne:
Eerste spanne: Bergsig 22, HTS Rustenburg 10.
o.16: Vryburg 44, Brits 7; Bergsig 59, HTS Rustenburg 5.
o.15: Vryburg 15, Brits 5; Bergsig 24, HTS Rustenburg 17.
o.14: Vryburg 10, Brits 5.

KLEIN SKOLE
) Eerste spanne: Christiana 53, Swartruggens 0; Koster 57, Mafikeng 0; Stella 39, Ferdinand Postma 5; Orkney 17, Swartruggens 8.
o.17: Ferdinand Postma 27, Stella 25; Koster 52, Mafikeng 0.
o.15: Swartruggens 36, Christiana 10; Koster 58, Mafikeng 0; Stella 24, Ferdinand Postma 7; Swartruggens 24, Orkney 12.

PUK-PRESTIGE-REEKS
) Potchefstroom Gimnasium 17 (5) – Drieë: Heinrich Siepker, Veltie van der Merwe, Poen Euckerman. Doelskop: Jaswyn Damon. Hoërskool Middelburg 11 (8) – Drie: Chris Hanekom. Strafdoele: Hanekom (2).
) Wonderboom 41 – Drieë: Divan Barnard (2), Lee-Urti Luke (2), SJ Kaber, Juan Kirsten. Doelskoppe: Henry Nell (4). Strafdoel: Nell. Wesvalia 0.
) Lichtenburg 34 (7) – Drieë: Okkie Ackerman (3), Mauritius Claasse, Brendan van der Westhuizen, Johan Detmann. Doelskoppe: Rudolph Oosthuiizen (2). Oosterlig 22 (10) – Tiaan Bolt, Arnu Bezuidenhout, Jason Mitchell. Doelskoppe: Werner Coetzee (2). Strafdoel: Coetzee.
) Ander spanne:
o.16: Zwartkop 10, Wonderboom 5; Lichtenburg 37, Die Anker 15; Hugenote 35, Middelburg 5.
o.15: Wonderboom 15, Oosterlig 12; Lichtenburg 24, Wesvalia 0; Middelburg 22, Potch Gimmies 12.
o.14: Wonderboom 21, Bastion 12; Lichtenburg 33, Die Anker 12; Oosterlig 27, Driehoek 12; Hugenote 27, Middelburg 7.

GROOT SKOLE

Volksrust 60 – Drieë: Riekert Botha (4), Hendrico Nel (2), Donelle Griffiths, Alwande Sanwgweni, Michael Moore, SW van Wyk. Doelskoppe: Van Wyk (2), Shane van Rooyen (2), Botha. Standerton 19

Piet Retief 33 (13) – Drieë: Shawn Smith, Percy Mkwanazi, Louis Murray. Doelskoppe: Morné Badenhorst (3). Strafdoele: Badenhorst (4). Generaal Hertzog 5 (0)

Rob Ferreira 30 – Drieë: Edward Shabangu (2), Franco Goncalves. Doelskoppe: Paul Steenberg (3). Strafdoele: Steenberg (3). Lydenburg 10

Ander eerste spanne: Ligbron 21, Hoogenhout 14.

Ander spanne:

o.16: Standerton 10, Volksrust 7; Piet Retief 47, Generaal Hertzog 0; Ligbron 15, Hoogenhout 8; Rob Ferreira 14, Lydenburg 10.
o.15: Standerton 43, Volksrust 0; Piet Retief 17, Generaal Hertzog 12; Ligbron 12, Hoogenhout 0; Rob Ferreira 18, Lydenburg 17.
o.14: Standerton 29, Volksrust 10; Generaal Hertzog 8, Piet Retief 7; Ligbron 43, Hoogenhout 7; Rob Ferreira 22, Lydenburg 19.

MEDIUMSKOLE

Penryn College 22 – Drieë: Hadrick Coertze, Ernest Mthethwa, Albert Hechter, Strafdrie. Doelskop: Mthethwa. Barberton 17.

Ander spanne:

o.16: Penryn College 21, Barberton 8.
o.15: Barberton 31, Penryn College 14.
o.14: Barberton 42, Penryn College 0.

KLEIN SKOLE

Bergvlam 12 – Drieë: Francois Pouw, Juan Pretorius. Doelskop: Igné Ferreira. Kanonkop 10 – Drieë: Riaan Joubert (2).

Ander spanne:

Eerste spanne: Morgenzon Landbou 52, Belfast Akademie 5.
o.16: Kanonkop 17, Bergvlam 15.
o.15: Bergvlam 36, Kanonkop 7.
o.14: Bergvlam 12, Kanonkop 7.

GROOT SKOLE

Dr. Malan 53 (31) – Drieë: Divan van Wyk (3), Hendrik Beket (2), Pieter van Vuuren, Martin Deysel, Sean Kruger, Maurice Kruger. Doelskoppe: Van Vuuren (4). Springs Boys’ High 0.

Ander spanne:
Eerste spanne: Benoni High 38, HTS Sasolburg 36.
o.16: Dr. Malan 50, Springs Boys’ High 5; HTS Sasolburg 36, Benoni High 5.
o.15: Dr. Malan 25, Springs Boys’ High 0; HTS Sasolburg 31, Benoni High 7.
o.14: Dr. Malan 55, Springs Boys’ High 0; HTS Sasolburg 29, Benoni High 10.

MEDIUMSKOLE

Brandwag (Benoni) 63 – Drieë: Martin Steyn (3), Steven Coetzee (2), Zane Dippenaar, Eckard van der Westhuizen, Brandon van Dijk, Marcel de Jager, Janco Fourie. Doelskoppe: Corné van der Linde (4). Elspark 0.

Delmas 3 – Strafdoel: Juandré Nel. John Vorster (Nigel) 5.

Ander spanne:

Eerste spanne: Stoffberg 48, Birchleigh 0; Johan Jurgens 17, HTS Springs 15.
o.16: Brandwag 53, Elspark 0; Stoffberg 69, Birchleigh 0; Delmas 12, John Vorster 6.
o.15: Brandwag 34, Elspark 5; Stoffberg 36, Bircleigh 19; John Vorster 17, Delmas 0.
o.14: Brandwag 53, Elspark 0; Birchleigh 40, Stoffberg 12; Delmas 38, John Vorster 12.

KLEIN SKOLE

Voortrekker (Brakpan) 18 – Drieë: Thabang Manoko, Dylan Lombard. Doelskop: Musa Tshabalala. Strafdoele: Tshabalala (2). Kempton Park Panorama 12 – Drieë: Theo Boshoff, Promise Mtembo. Doelskop: Boshoff.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top