SuperSport Schools News

Zwartkop sal moet sweet om titel as kampioen van Noordvaal Sewes te behou

FOTO: Riaan de Bruyn

Die verdedigende kampioen van die Virseker Noordvaal Sewes-toernooi, Hoërskool Zwartkop, sal op sy stukke moet wees indien hy vanjaar weer die trofee omhoog wil hou.

Die Zwarries is saam met Lichtenburg, Transvalia en die gasheer, Ligbron Akademie van Ermelo in Groep C geloot.

Die span vanuit Centurion het verlede jaar vir Hoërskool Pietersburg in die eindstryd in Modimolle met 26-19 geklop.

Die Zwarries het verlede week tydens die Montana Sewes wat deel van die Clover High School Sevens Series is, met 14-42 teen Garsfontein in die Plaat-halfeindstryd vasgeval.

Die kampioen van die toernooi by Montana, Oos-Moot, sal ook nie in Ermelo in aksie wees nie. Dit beteken dat meeste van die sterkste aanspraakmakers vir vanjaar se Noordvaal-titel nie in aksie sal wees nie.

Nie Garsfontein, Monument, EG Jansen of Menlopark sal in Mpumalanga hul staal kom ten toon stel nie. Boonop het die kampioen van die Clover High School Sevens Series se Kampioen van Kampioene-toernooi, Hoërskool Rustenburg, ook nie sy plek vir die toernooi in Ermelo bespreek nie.

Vanjaar se toernooi sal die elfde weergawe wees, met Monument van Krugersdorp wat met vier titels sover die meeste sukses tot dusver behaal het.

Die Pieties sal ook weer vanjaar in aksie wees. Hulle is on Groep B saam met Hoërskool Nelspruit en Marais Viljoen van Alberton geloot.

Die eindstryd vind Donderdag, 24 September om 15:00 plaas.

Die Groepe:

o.17

Groep A: Montana, Helpmekaar, Bergsig Akademie, Brandwag (Benoni).

Groep B: Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Nelspruit, Marais Viljoen.

Groep C: Lichtenburg, Transvalia, Zwartkop, Ligbron Akademie.

Groep D: Noordheuwel, Nylstroom, Merensky, Hoërskool Middelburg.

o.15

Groep A: Zwartkop, Helpmekaar, Hoërskool Klerksdorp, Transvalia.

Groep B: Ellisras, Hoërskool Middelburg, Nylstroom, Noordheuwel.

Groep C: Lichtenburg, Kempton Park, Montana, Ligbron Akademie.

Groep D: Monument, Menlopark, Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Nelspruit.

BEPALINGS | o.17 

A-VELD 
10:00 – Montana t. Helpmekaar; 10:20 – Bergsig Akademie t. Brandwag (Benoni); 10:40 – Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Nelspruit; 11:00 – Marais Viljoen t. Blou Bulle IV; 11:20 – Lichtenburg t. Transvalia; 11:40 – Zwartkop t. Ligbron Akademie; 12:00 – Noordheuwel t. Nylstroom; 12:20 – Merensky t. Hoërskool Middelburg; 12:40 – Montana t. Bergsig Akademie; 13:00 – Helpmekaar t. Brandwag (Benoni); 13:20 – Hoërskool Pietersburg t. Marais Viljoen; 13:40 – Hoërskool Nelspruit t. Blou Bulle IV; 14:00 – Lichtenburg t. Zwartkop; 14:20 – Transvalia t. Ligbron Akademie; 14:40 – Noordheuwel t. Merensky; 15:00 – Nylstroom t. Hoërskool Middelburg; 15:20 – Montana t. Brandwag (Benoni); 15:40 – Helpmekaar t. Bergsig Akademie; 16:00 – Hoërskool Pietersburg t. Blou Bulle IV; 16:20 – Hoërskool Nelspruit t. Marais Viljoen; 16:40 – Lichtenburg t. Ligbron Akademie; 17:00 – Transvalia t. Zwartkop; 17:20 – Noordheuwel t. Hoërskool Middelburg; 17:40 – Nylstroom t. Merensky.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top