SuperSport Schools News

Witteberg mik om vir die derde interskole in ‘n ry met die Trekkers te ploeg

Sharing this article
PHOTO: Lethole Mokoena Photography

Die grootste rugbywedstryd in die Riemland sal vanjaar vir die 50ste keer beslis word.

Die Hoërskool Witteberg mik daarna om vir Voortrekker vir die derde keer op ‘n streep in die twee spanne se jaarlikse kragmeting streepsuiker te gee.

Die kragmeting tel vanjaar onder die 45 voorste skolerugby-wedstryde wat deel van die King Price Derby Series uitmaak.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.co.za) of op DStv-kanaal 216.

Witteberg het in die laaste twee derbies in 2025 (34-33) en 2024 (25-22) die septer geswaai. Die Trekkers sal vanjaar op hul tuisveld die bordjies behoorlik wil verhang.

Die tuisspan se laaste oorwinning oor Witteberg was in 2024 se halfeindronde van die Griffon-liga. Toe was die Trekkers behoorlik omgekrap na die nederlaag van 22-25 vroeër daardie jaar en het met 37-3 as oorwinnaars van die veld gestap.

Albei spanne het vanjaar drie verteenwoordigers in die Griffons se Cravenweek-span. Witteberg se Qlin Booyse (heelagter) en Divan Marais (flank) is die Perses wat Saterdag in aksie sal wees. Die span se vaskopstut, Cobus Labuschagne, sal ongelukkig die kragmeting misloop.

Die Trekkers se trio wat die Perses op die Cravenweek sal verteenwoordig is, Lourens Roux (slot), Sizwe Qwabe (buitesenter) en Wessel Hattingh (haker). Slegs Hattingh sal egter in Saterdag se wedstryd in aksie wees.

Die gasheer vir die spesiale kragmeting word deur Justin Taylor en Andries Kruger afgerig. Witteberg se span word deur Robert Bosch, Alwyn Shields and Francois Grobbelaar gebrei.

Die Trekkers beleef sover ‘n moeilike seisoen, maar het verlede week ‘n goeie sege van 40-21 oor Goudveld-Hoërskool behaal. Dié wedstryd was soos Saterdag se kragmeting ook deel van die Wesgrow-reeks asook die Griffon-liga.

Dit was slegs die derde oorwinning wat die Trekkers vanjaar op die rugbyveld behaal het. Hy het ook vir Louis Botha (27-0) en Dr. Malan van Meyerton (35-7) geklop.

Witteberg het ook nog nie vanjaar op alle silinders gevuur nie. Hy het in sy laaste twee Griffon-liga wedstryde teen onderskeidelik Hoërskool Trio (17-40) en Welkom Gimnasium (10-49) in die stof gebyt. Die span het wel ‘n oortuigende sege van 55-0 oor Goudveld vroeër behaal, wat hom die gunsteling vir Saterdag se kragmeting maak.

Die spanne is: 

Voortrekker: 15 Michiel Heyns, 14 Linda Radebe, 13 Siya Mdubo, 12 Brice Jones, 11 Lungelwa Mabaso, 10 JC Pretorius, 9 Vlag Janse van Rensburg, 8 Zak Steyn, 7 Lourens Roux, 6 Eli Masut, 5 Thys Parsons, 4 Francois Maree, 3 Unathi Mbambo, 2 Wessel Hattingh (kaptein), 1 Willie Pretorius. Plaasvervangers: 16 Janco Uitenweerde, 17 MJ Britz, 18 Francois Cornelius, 19 DJ Uys, 20 Katleho Xaba, 21 Heinrich Ras, 22 Cameron Meyer, 23 Katleho Pule.

Witteberg: 15 Qlin Booyse, 14 Oteng Khabane, 13 Boeta Mintoor, 12 JC van Rhyn, 11 Giann Prins, 10 Chriswin Delport, 9 Evan Nieuwoudt, 8 Bryan Potgieter, 7 Divan Marais, 6 Rashan Claassen, 5 Jano van Niekerk, 4 Christiaan van Niekerk, 3 Mila Oerson, 2 Buks Davel, 1 ML Pierce. Plaasvervangers: 16 Martin Leith, 17 Jacques Bester, 18 Jan-Willem van den Berg, 19 Cobus van Pletzen, 20 Xander Fourie, 21 Janco Botha, 22 Donay Williams, 23 Mpho Motholo.

Afskop: 13:20

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top