SuperSport Schools News

Voorskou – ENB Classic Clash – Jim Fouche vs. Sentraal

Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Sentraal gaan probeer om die eerste keer sedert 2012 vir Jim Fouché ‘n nederlaag toe te dien. Dié twee spanne pak mekaar vandag om 15:15 in hulle jaarlikse ENB Classic Clash.

Tralies was in 2012 in dié ooreenstemmende wedstryd met 33-13 op sy tuisveld baas. JF is vandag die gasheer en die Bloktruie kon laas in 2009 ‘n sege op dié veld teen die manne in groen behaal. Dit was destyds Sentraal se eerste oorwinning oor JF sedert 2002.

Sentraal het die oorhand oor JF gehad tot en met die draai van die millennium. JF het sy eerste sege in meer as ‘n kwarteeu oor Tralies in 2000 behaal toe hy met 18-10 baas was. Louis Botha se afrigter, Jan Gouws, was een van JF se staatmakers destyds. Grey-kollege se kondisioneringshoof, Hein Vosloo, was ook lid van JF se span van 2000.

As daar na die uitslae van dié twee spanne sover vanjaar gekyk word, is Sentraal die gunsteling om vandag te wen. Die feit dat die wedstryd op Jim Fouché se tuisveld plaasvind haal egter die etiket as gunsteling van die tafel.

Tralies moet boonop sonder sy agtsteman en kaptein, Kobus Lombaard, klaarkom. Die heelagter, SJ Fourie, sal die span op die veld lei.

“Dit is ‘n wedstryd wat enige kant toe kan gaan. Dit is altyd moelik om teen JF te speel en ons was die afgelope twee jaar as breiers nog nie aan die wenkant teen hulle nie. Hopelik is ons die keer aan die regte kant van die uitslag,” het Jorrie Gobler, afrigter van Sentraal, gesê.

‘n Sege sal Sentraal bo-aan die Vrystaatse A1-liga se puntelys laat eindig. Die span sal hiermee sy aanslag om vanjaar die eerste span van dié skool om as kampioen van dié liga gekroon te word ietwat makliker maak.

Jim Fouché se losskakel, Tiaan Schutte, is sonder twyfel een van die voorste spelers in sy posisie in die sentrale streek. Hy en sy kaptein en agtsteman, Hanno Spies, sal op hul beste moet wees indien JF wil wen.

 

Die spanne is: 

Jim Fouché: 15 Myles Woolley, 14 Wian Meyer, 13 Vandre Rolls, 12 Kosie Brand, 11 Sheldon Jansen, 10 Tiaan Schutte, 9 Poena Pretorius, 8 Hanno Spies (kaptein), 7 Anton Jacobs, 6 Jarrod van Wyk, 5 Victor Botes, 4 Ian Trollip, 3 Anton Noordman, 2 Werner Stoffberg, 1 Marco Coetzer. Plaasvervangers: 16 Eric Azar, 17 Danie Klinck, 18 Reino Coetsee, 19 Jan-Louis du Plessis, 20 Stefan Coetzer, 21 Herold Schreuder, 22 Willie van den Berg.

Sentraal: 15 SJ Fourie (kaptein), 14 Diederick Pretorius, 13 Tumi Kukhele, 12 Denzil Fiff, 11 Jan le Roux, 10 Timmy Robertson, 9 Stefano Ekkerd, 8 Roché Roelofse, 7 Hennie Terblanché, 6 EP Nel, 5 Roan van der Westhuizen, 4 Ruan van der Walt, 3 Willie van der Merwe, 2 Edik du Plooy, Willem van Niekerk. Plaasvervangers: 16 Abe Bothma, 17 Jeremy Koen, 18 Trienko Lups, 19 Rocco Willemse, 20 Matthys Theron, 21 Theunis la Grange, 22 Christiaan Geyer, 23 Jacques Mulder.

Afskop: 15:15

Vorige kragmetings: 

2014 Jim Fouché  26  Sentraal  21  Sentraal 
2013 Jim Fouche 30 Sentraal 21  
2013 Jim Fouche 28 Sentraal 27 Jim Fouche
2012 Jim Fouche 29 Sentraal 16  
2012 Sentraal 33 Jim Fouche 13 Sentraal
2011 Jim Fouche 30 Sentraal 21 Jim Fouche
2010 Sentraal 41 Jim Fouche 3 Sentraal
2009 Sentraal 24 Jim Fouche 5 Jim Fouche
2008 Jim Fouche 42 Sentraal 7  
2008 Jim Fouche 62 Sentraal 14 Sentraal
2007 Jim Fouche 32 Sentraal 22  
2006 Jim Fouche 48 Sentraal 19 Brandfort
2005 Jim Fouche 37 Sentraal 3  
2005 Jim Fouche 13 Sentraal 6  
2004 Jim Fouche 29 Sentraal 3  
2003 Jim Fouché   Sentraal   President Steyn
2002 Sentraal 25 Jim Fouche 17  
2001 Sentraal 10 Jim Fouche 0  
2000 Jim Fouche 18 Sentraal 10 Jim Fouché 
2000 Sentraal 23 Jim Fouche 6 Vrystaat-stadion 
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top