Soos die gebruik sedert 1995 sal van die land se voorste o.14-spanne volgende jaar in Maart in George vir die jaarlikse Kwagga-week saamtrek. Die toernooi wat deur die Hoërskool Outeniqua aangebied word sal van 15 tot 20 Maart plaasvind.
Die week beloof om nog groter in 2019 te wees met 28 o.14-spanne wat aan wat in George in aksie sal wees. In 2018 was daar 26 spanne op die week in aksie. Buiten die o.14-spanne sal daar ook 14 o.15-spanne aan die week deelneem.
Tydens die week van 2018 het Affies, Menlopark, Ben Vorster van Tzaneen en Wynberg Boys’ High se spanne die fees van rugby onoorwonne afgesluit.
Die bepalings vir die week sal later bekend gemaak word. Meeste van die wedstryde sal regstreeks op DigiTV.co.za gebeeldsend word op Kwagga TV.
Die deelnemende spanne is:
o.14: Afrikaanse Hoër Seunskool (Pretoria), Ben Vorster, Boland Landbou, Curro Nelspruit, Diamantveld, Durbanville, Ellisras, Framesby, Garsfontein, HTS Middelburg, Hugenote (Wellington), Jeugland, Kempton Park, Klerksdorp, Langenhoven Gimnasium, Menlopark, Monument, Noordheuwel, Outeniqua, Hoër Jongenskool Paarl, Parel Vallei, Paul Roos Gimnasium, Pearson, Stellenberg, Heidelberg Volkskool, Waterkloof, Wynberg Boys’ High, Zwartkop.
o.15: Hoërskool Bellville, Ben Vorster, Boland Landbou, Diamantveld, Durbanville, Hugenote (Wellington), Jeugland, Kwagga Uitnodigingspan, Langenhoven Gimnasium, Outeniqua, Parel Vallei, Pearson, Heidelberg Volkskool, Wynberg Boys’ High.
- Honours even, history deep: Michaelhouse hosts Hilton in rain SA20 Derby Series - 2026-11-06
- Most experienced Garsie Ysbere’s campaign for third successive Wildeklawer T20-title still on track - 2026-10-11
- Booysen and Liebenberg spin Klofies to top of Pool A, Rowles on fire for St David’s - 2026-10-10