

Twee van die rolspelers in verlede jaar se Afdeling 5B-uitspele in die Noordvaal, Sannieshof en Pretoria THS, sal vanjaar weer probeer om die titel in te palm.
Verlede jaar se kampioen, Jabulani Technical, neem vanjaar aan Afdeling 5A van die Virseker Noordvaal Cup deel. Die span wat deur die voormalige Leeu-senter, Mac Masina, gebrei word, het verlede jaar vir Sannieshof met 33-27 in die eindstryd verslaan.
Sannieshof sal sy aanslag om vanjaar een stappie verder te gee op sy tuisveld teen Morgenzon Landbou. Die tuisspan betree egter vanjaar die uitspele as die Luiperds se naaswenner, terwyl hy verlede jaar as kampioen die stryd betree het.
Die Luiperd-eindstryd tussen Sannieshof en Schweizer-Reneke is egter nog nie beslis nie. Schweizer-Reneke het wel die ligawedstryd tussen dié twee spanne vroeër vanjaar met 31-29 gewen.
Morgenzon Landbou se tweeling senterpaar, Lourens en CJ Venter, kan vir Sannieshof hoofbrekens agterlangs besorg.
Pretoria THS is die Blou Bulle se kampioen en kom reeds Vrydag om 16:00 op sy tuisveld teen Curro Krugersdorp te staan. Hy het vir Hoërskool Langenhoven met 43-12 in die eindstryd verslaan.
Langenhoven sal in die kwarteindronde van dié Noordvaal-reeks teen Rust-ter-Vaal te staan kom. Die span van die Jakarandastad het in sy ander ligawedstryde vir onderskeidelike Woodhill College (60-3), Voortrekkerhoogte (59-29) en Tygervalley (38-22) uit die pad gevee.
Schweizer Reneke sal Saterdag om 12:30 op sy tuisveld teen Hoërskool Vanderbijlpark uitdraf. Die span van die Noordweste sal deur sy slot Diwan Sutherland aangevoer word.
Die spanne is:
Pretoria THS t. Curro Krugersdorp op Friday om 16:00 in Pretoria:
Pretoria THS: Nie ontvang nie.
Curro Krugersdorp: 15 Thando Twala, 14 Lesedi Ntuane, 13 Dani Pinto-Coelho, 12 Nathan Jansen, 11 Prince Biney, 10 Lwandile Lephoto, 9 Avela Mtyingizane, 8 Ndiene Khangale, 7 Tsebo Monkwe, 6 Tiaan Smit, 5 Nkateko Maphanga, 4 Nathaneal Bokoro, 3 Bryce Van Greunen, 2 Tholang Ralesego, 1 Njabulo Dlamini.
Referee: Werner Nagel.
Sannieshof t. Morgenzon Landbou om 10:00 in Sannieshof:
Sannieshof: 15 Matsi Raphoto, 14 Nolo Mofokeng, 13 Siphosihle Ngqobe, 12 Keletso Mabaso, 11 Kobamelo Diratsegae, 10 Thoriso Tshakane, 9 Stefan Cordier, 8 Wilco Van Niekerk, 7 Amogelang Letsatsi, 6 Divan Venter, 5 Joseph Hailemariam, 4 MJ Greeff, 3 Lethabo Silimela, 2 Ditibogo Pholonyane, 1 Ferdo Herbst.
Morgenzon Landbou: 15 Dylan Collins, 14 Spephelo Hlatswayo, 13 Lourens Venter, 12 CJ Venter, 11 Ludwig von Benecke, 10 Tumi Dladhla, 9 JP Potgieter, 8 Rynard Venter, 7 Dehrik Barnard, 6 Rohan Grobler, 5 Hanco Pretorius, 4 Willem Basson, 3 Sizwe Shongwe, 2 André Kaalsen, 1 Barto Krige.
Langenhoven High t. Rust-ter-Vaal om 09:00 in Pretoria:
Langenhoven High: 15 Lesiba Lem Sekgololo, 14 Tshegofatso Phashe, 13 Siyabonga Khumalo, 12 Lethokuhle Masinga, 11 Blaise Sanvura, 10 Kaone Sereko, 9 Renetswe Seane, 8 Kwame Dingiswayo, 7 Nkatheko Mathebula, 6 Murunwa Mudau, 5 Junior Paswavairi, 4 Lesedi Dikola, 3 Thatho Ramaloko, 2 Motshehetsi Ntlou, 1 Paballo Molefe.
Rust-ter-Vaal: 15 Damillo de Souza, 14 Aiden Fourie, 13 Merlin Cajee, 12 Jamie de Koker, 11 Wayren Pearson, 10 Duran Kok, 9 Ashton Eiman, 8 Dario Swanepoel, 7 Jonathan Hatting, 6 Sthepo Kgolane, 5 Siphesihle Nhlapo, 4 Alverestio Fourir, 3 Karabo Lethlabi, 2 Abia Ndumo, 1 Tshidiso Ntoagae.
Referee: JP Buitendag.
Schweizer-Reneke t. Hoërskool Vanderbijlpark om 12:30 in Schweizer-Reneke:
Schweizer Reneke: 15 Henco Booyse, 14 Mojalefa Maine, 13 Brantony Kgogo, 12 Khanya Maloi, 11 Molefi Lepholetse, 10 Ewan Pretorius, 9 Kabelo Molatlegi, 8 GJ Barkhuizen, 7 Freek Heydenreich, 6 John Anastassiou, 5 Sello Tlhabanelo, 4 Diwan Sutherland (kaptein), 3 Bennie Muller, 2 Refentse Pholo, 1 Matthew Williams.
Hoërskool Vanderbijlpark: 15 Tobatsi Mosia, 14 Oratile Sithole, 13 Thabiso Xaba, 12 Kamohelo Mmatli, 11 Zwelivumile Sindwa, 10 Jonick Mokabela, 9 Katleho Molefe, 8 Lehlohonolo Moofukeng, 7 Khabi Mosai, 6 Kamohelo Molise, 5 Bohlale Motsapi, 4 Vusumizi Vilakazi, 3 Muzwakhe Sethabela, 2 Jonior Onuoha, 1 Relehele Mphirime.
Ander spanne:
Op Schweizer-Reneke
12:30 – o.18 – Schweizer Reneke t. Hoërskool Vanderbijlpark
11:15 – o.15 – Christiana t. HTS Springs
10:00 – o.15 – Koster t. Morgenzon Landbou
- Carletonville skop aanslag om sy Noordvaal-titel te behou in Musina af - 2026-07-31
- Jabulani Tech kan behoorlik deur Magalies in Afdeling 5A van die Virseker Noordvaal Cup getoets word - 2026-07-31
- Sannieshof en Pretoria THS weer aanspraakmakers in Afdeling 5 van die Virseker Noordvaal Cup - 2026-07-31
