SuperSport Schools News

Kan iemand die Streeptruie eerste keer streepsuiker sedert 2017 gee?

GQEBERHA. – Kan iemand vanjaar die Westelike Provinsie se oorheersing op die Cravenweek vir hoërskole hier inperk.

Die 61ste weergawe van die toernooi vind van Maandag af in die Baai op die velde van Grey High School plaas. Die Streeptruie was aan die wenkant in sy laaste 18 wedstryde op die toernooi.

Dit is ook dan die rekord vir die meeste agtereenvolgende seges sedert die ontstaan van die toernooi in 1964. Die unie is ook as nie-amptelike kampioen die afgelope ses toernooie gekroon.

Die span tel weer vanjaar onder die vroeë gunstelinge, maar kan sterk teenstand van die Sharks verwag. Die twee spanne sal mekaar waarskynlik reeds op die derde dag van die toernooi die stryd aansê.

Die WP kom op die eerste dag teen die gasheer, Oostelike Provinsie, te staan. Die Streeptruie se slot Juvan Burdan asook die losskakel, Ethan van Biljon, is spelers vir die toekoms.

Van Biljon sal wel sterk teenstand op losskakl vir ‘n plek in die SA Skole-span hê met Jaydon Viljoen (Goue Leeus) en Travis Pheiffer (WP XV) wat ook hul merk sal wil maak. Boonop is daar twee belowende jong losskakels, Daniel Miskey (Sharks) en Ruan Fluks (Blou Bulle), wat ook vir hulself naam in die Baai kan maak.

Die Sharks se lostrio bestaande uit Jamie Wimble, Zion Smith en Zander Muller is waarskynlik as kombinasie die beste losvoorspelers op die toernooi. Die Bulle se Kwagga van der Vyver is ook ‘n kantman om dop te hou.

Die Ligbloues skop vanjaar weer die toernooi teen sy buurman, die Goue Leeus, af. Dit behoort ‘n klipharde tweestryd te wees, maar die Leeus moet die gunsteling wees na die Bulle reeds vir Thabisho Simelane (SA Skole-vleuel), Yuvrah George (vleuel) en Dandré Brink (senter) aan beserings afgestaan het.

Die Vrystaat skop sy aanslag teen die Limpopo Blou Bulle af. Die span van Bloemfontein het laas in 1994 teen die span vanuit die noorde gespeel toe hy nog as Verre Noord aan die week deelgeneem het.

Bepalings: 

Maandag, 6 Julie 2026 

09:30 – Boland vs. Luiperds; 11:15 – Vrystaat vs. Limpopo Blou Bulle; 13:00 – Sharks vs. Suidwestelike Distrikte; 15:30 – Westelike Provinsie vs. Oostelike Provinsie.

Dinsdag, 7 Julie 2026 

10:00 – Grens vs. Valke; 11:45 – Griekwaland-Wes vs. Pumas; 13:30 – Westelike Provinsie XV vs. Griffons; 15:15 – Blou Bulle t. Goue Leeus.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top