SuperSport Schools News

Hier is al die Virsekerbeker aksie wat die naweek plaasvind

Sharing this article

VirsekerBekerlogoDie eindstryde van Afdeling 3, 4 en 5 van die Virsekerbeker word Saterdag op die velde van Hans Moore in Benoni beslis. In Afdeling 3 se eindstryd kom Leeuwenhof teen Curro Heuwelkruin te staan.

Warmbad vanaf Bela-Bela kom in die eindstryd van Afdeling 4 teen Springs Boys’ High te staan. In Afdeling 5 sal Heilbron en Lyttelton Manor sake om die titel uitspook.

In Afdeling 1 sal Menlopark in sy halfeindstryd teen Garsfontein poog om ‘n lang droogte te verbreek. In die ander halfeindstryd kom Monument teen Helpmekaar-kollege te staan.

Al die wedstryde van die Beker-kompetisie asook die Plaat-kompetisie sal regstreeks deur DigiTV.co.za gebeeldsend word.

Ben Vorster speel gasheer vir die Hoërskool Rustenburg in die halfeindronde van die Plaat-kompetisie. In die ander halfeindstryd kom Montana op sy tuisveld teen Eldoraigne te staan.

In Afdeling 2 wag daar ‘n riller van ‘n wedstryd wanneer die Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Klerksdorp mekaar in die halfeindronde in Polokwane pak. Die wenner van die kragmeting sal die gunsteling wees om volgende week as kampioen van die afdeling gekroon te word.

In die ander halfeindstryd sal Wesvalia op sy tuisveld in Klerksdorp vir Ligbron van Ermelo inwag.

Al die wedstryde van die naweek in die Virsekerbeker (tuisspanne word eerste vermeld): 

AFDELING 1
Beker-afdeling
12:30 Garsfontein Menlopark
12:30 Monument Helpmekaar
Ander spanne – o.16: 11:15 – HTS Middelburg vs Helpmekaar; 11:10 – Menlopark vs Noordheuwel. o.15: 10:05 – Helpmekaar vs Garsfontein; 10:05 – Monument vs Menlopark. o.14: 09:00 – Monument vs Menlopark; 09:00 – HTS Middelburg vs Helpmekaar.
Plaat-afdeling
12:40 Ben Vorster Rustenburg
12:20 Montana Eldoraigne
Ander spanne – o.16: 11:20 – Marais Viljoen vs Zwartkop; 11:00 – Rustenburg vs Nelspruit. o.15: 10:10 – Ben Vorster vs Marais Viljoen; 10:00 – Zwartkop vs Rustenburg. o.14: 09:00 – Montana vs Rustenburg; 09:00 – Marais Viljoen vs Nelspruit.
Skild-afdeling
12:30 Lichtenburg Hugenote
12:10 Hoërskool Middelburg Heidelberg Volkskool
Ander spanne – o.16: 11:00 – Middelburg vs Lichtenburg; 11:00 – Heidelberg Volkies vs Florida. o.15: 10:00 – Florida vs Oos-Moot; 10:00 – Lichtenburg vs Middelburg. o.14: 09:00 – Lichtenburg vs Middelburg; 09:00 – Jeugland vs Heidelberg Volkies.
AFDELING 2 
10:20 Pietersburg Klerksdorp
10:00 Wesvalia Ligbron
Ander spanne – o.16: 09:30 (Donderdag) Ligbron vs Die Anker; 09:00 – Pietersburg vs Dr. Malan. o.15: 09:00 (Vrydag) – Klerksdorp vs Wonderboom; 09:00 (Vrydag) – Potchefstroom Volkskool vs Ermelo. o.14: 09:00 – Klerksdorp vs Secinda; 09:00 – Wesvalia vs Ligbron.
AFDELING 3
12:30 Leeuwenhof Curro Heuwelkruin
Ander spanne – o.16: 11:45 – Hoogenhout vs Brits. o.15: 09:30 – Brits vs Vryburg. o.14: 09:30 – Standerton vs Curro Nelspruit.
AFDELING 4
10:30 Warmbad Springs Boys’ High
Ander spanne – o.16: 10:30 – Gerrit Maritz vs Goudrif. o.15: 08:30 – Elspark vs Eric Louw. o.14: 08:30 – Warmbad vs Carel de Wet.
AFDELING 5
08:30 Lyttelton Manor Heilbron
Ander spanne – o.15: Lyttelton Manor vs Koster.

[powr-comments id=”1f600895_1565267465085″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.
Scroll to Top