
Die Blou Bulle skolekeurders het nog so effense hoofpyn wat spankeuses aanbetref voor hulle later die maand George toe reis vir die Cravenweek.
Die groep van 25 reis Dinsdag oor die Jukskei, om kragte te meet met ou aartsvyande, die Goue Leeus.
Hierdie is ook dan die voorlopige Cravenweek-span, wat beteken dat twee van die huidige groep moontlik kan uit mis, na die finale groep van 23 aangekondig word.
Garsfontein spog met die meeste verteenwoordigers, met tien van sy spelers in die vergrote groep. Dit kom natuurlik as geen verrassing nie, aangesien hy die pas aangeeer is in die Noorde van Gauteng hierdie seisoen.
Ses van die Bere se spelers sal in die begin span opdraf met die witwarm losskakel Nic-Allen Gabrielson wat as generaal sal optree vir die span in Blou en vaskopstut Leighton-Jon Cloete wat sy buiging in die begin span maak na hy verlede jaar van die plaasvervangerbank af gespeel het.
Die Afrikaans Hoër Seunskool is ook te verwagte weer goed verteenwoordig met vyf spelers. Spelers soos Steyn Truter (stut) en Dieter Schubert (losvoorspeler) hoop om hulle plek in die span vas te le.
Albei het verlede jaar al die Ligbloues op die Cravenweek verteenwoordig en sal dit graag ‘n tweede jaar in n ry wil doen.
Ilanga Engondo sal breebors rondloop nadat hy die enigste speler van Sutherland is wat in die groep opgeneem is. Engondo het ook verlede jaar die Bulle se se Akademie-span verteenwoordig.
Die spanne is:
Cravenweek: 15 Jayden Fortuin (Menlopark), 14 Jason Hugo (Garsfontein), 13 Dimitre Erasmus (Garsfontein), 12 Janco Purchase (Affies), 11 Luyoli Doyu (Overkruin), 10 Nic-Allen Gabrielson (Garsfontein), 9 Brooklyn Newman (Garsfontein), 8 Dieter Schubert (Affies), 7 Abri van der Westhuizen (Garsfontein), 6 Happy Makate (Waterkloof), 5 JD Hattingh (Affies), 4 Ilanga Engondo (Sutherland), 3 Leighton-Jon Cloete (Garsfontein), 2 Shaun Schurman (Pretoria Boys’ High), 1 Steyn truter (Affies). Plaasvervangers: 16 FC van Rooyen (Affies), 17 Ethan van Wyk (Garsfontein), 18 Ofentse Moeng (Pretoria Boys High), 19 James Schnetler (Garsfontein), 20 Luan Olivier (Garsfontein), 21 Ntsaku Ndlovu (Pretoria Boys’ High), 22 Naylon Albertus (Menlopark), 23 Hilton Thomas (Midstream College), 24 Zander Lourens (Garsfontein), 25 Divan Brits (Garsfontein).
Akademie-week: 15 Ruan Enslin (Garsfontein), 14 Waldo Koeleman (Centurion), 13 Anwill Prins (Menlopark), 12 Heinrich Cloete (Garsfontein), 11 Tebogo Nchabaleng (Pretoria Boys’ High), 10 Jason Jansen (Cornwall Hill College), 9 Zian Cilliers (Garsfontein), 8 Dale Arlow (Waterkloof), 7 Ruan Lippoldt (Affies), 6 Thabang Ramokoma (Herronbridge), 5 Joshua Smit (Midstream College), 4 Thepiso Shikhibana (Pretoria Boys’ High), 3 Kitso Mokoena (Pretoria Boys’ High), 2 Ethan van Dyk (Pretoria Boys’ High), 1 DA Swart (Garsfontein). Plaasvervangers: 16 Jacques Vos (Midstream College), 17 Randy Muzungu (Pretoria Boys’ High), 18 Nea Gama (St Alban’s College), 19 Aiden King (Garsfontein), 20 Wade Williams (Oos-Moot), 21 Malcom George (Waterkloof), 22 Stephan Brits (Affies), 23 Keethan Fits (Pretoria Boys’ High.
Blou Bulle C: 15 JJ Steenkamp, 14 Divan Nel, 13 Theuns Maritz, 12 Wian van den Berg, 11 Nkosi Malaza, 10 Eagon Roux, 9 Josh Naude, 8 Patrick Weir, 7 Rocco Myburgh, 6 Bangiwe Phiri, 5 Stephan de Beer, 4 Myburgh van Wyk, 3 Willie Diffenthal, 2 Ryan Scott, 1 Marnus Maritz (Waterkloof). Plaasvervangers: 16 Lethabo Phahlamhlaka, 17 Werner Very, 18 JJ Koekemoer, 19 Jonathan Eloff, 20 Tepy Tippay, 21 Dennis Obi, 22 Denilson Metcalfe, 23 Handre Maree.
o.17-span: 15 K Taute, 14 Tumelo Mohale, 13 Riwan van Aswegen, 12 U Freesprong, 11 Jaydon la Douce, 10 Ruben Pienaar, 9 Hendre Schoeman, 8 Caleb Klein, 7 Botlale Matabele, 6 Omfunna Jack, 5 Munting Hamman, 4 Victory Akinbusuy, 3 Andre van den Heever, 2 Stephan Pretorius, 1 Phillip du Plessis. Plaasvervangers: 16 Taphelo Mphela, 17 Lethabo Phahlamhlaka, 18 Aiden Holtzhausen, 19 Jaqcues Swart, 20 Jahred Smith, 21 Josh Verster, 22 Itumeleng Baloyi, 23 L Teeby.