SuperSport Schools News

Groot stryd wag tussen Oakdale se Bulle en die Rooi Bulle

OakdaleRugbyWeek2019‘n Titaniese stryd wag Saterdag in die hoofwedstryd van die Oakdale Rugbyweek wanneer die gasheer Oakdale Landbou en HTS Middelburg se Rooi Bulle mekaar net buite Riversdal pak.

Die Bulle van Oakdale sal steeds glad nie lekker voel na hy verlede week tydens Brackenfell se jaarlikse Sportdag teen Stellenberg met 10-21 vasgeval het nie. 

Oakdale het verlede jaar onder die voorste tien spanne in die land getel, terwyl die Rooi Bulle ‘n seisoen beleef het wat hulle liefs van sal wil vergeet. HTS Middelburg het in 2018 slegs vier oorwinnings deur die seisoen behaal.

Dit sal egter nie ‘n maklike wedstryd vir die gasheer wees nie. Die Rooi Bulle gaan nie net omgedop word nie. HTS Middelburg het in sy twee wedstryde tot dusver vanjaar vir die Hoërskool Rustenburg (47-30) en Eldoraigne (27-26) verslaan. 

Al die wedstryde op die De Eike-veld sal regstreeks deur OakNet op DigiTV.co.za uitgesaai word. 

Die bepalings: 

DE EIKE 
08:45 Hoërskool Ellisras vs Augsburg Gimnasium DigiTVStacked1
09:55 Jeugland vs Duineveld DigiTVStacked1
11:05 Lichtenburg vs Hoërskool Bellville DigiTVStacked1
12:15 Kempton Park vs Brackenfell  DigiTVStacked1
14:00 Hoërskool Upington vs Dinamika DigiTVStacked1
15:10 Hermanus vs Hoërskool Alberton DigiTVStacked1
16:20 Diamantveld vs Zwartkop DigiTVStacked1
18:00 Voortrekker (Bethlehem) vs Brandwag (Uitenhage) DigiTVStacked1
19:10 Oakdale Landbou vs HTS Middelburg DigiTVStacked1

Never miss a Moment with DigiTV.co.za

POPULIERBOS
08:45 Vredendal vs Montagu
09:55 Landboudal vs Overberg
11:05 Oosterlig vs Agri XV
12:15 Despatch vs Bredasdorp
14:00 Hugenote (Wellington) vs Potchefstroom Gimnasium
15:10 Langenhoven Gimnasium vs Rockingham
16:20 Robertson vs Hoërskool Grens

[powr-comments id=”898c2a11_1552644419321″]

Scroll to Top